Dis nie die prys van die ring wat saak maak nie…

Ariel Desiree McRae spog met haar trouringe op Facebook

Ariel Desiree McRae spog met haar trouringe op Facebook

ʼn Bruid se foto’s op Facebook van haar “goedkoop” trouringe word wyd op sosiale media gedeel, veral oor die boodskap wat sy daardeur wou oordra.

Ariel Desiree McRae van Tennessee in die VSA het ʼn foto op sosiale media gepubliseer van die twee ringe, ter waarde van $130 (ongeveer R1 800) wat sy by haar man, Quinn, gekry het.

“My man het nie baie nie, nie een van ons het baie nie. Ons raap en skraap maar om die rekeninge te betaal en kos in ons maag te kry,” het sy geskryf.

Die paartjie het geld gespaar om twee bypassende sterling-ringe te koop.

“Dit is wat op my ringvinger is, en daarom is ek so dol daaroor,” voeg sy by.

Ariel het verduidelik ʼn verkoopspersoon by die winkel het egter opgemerk: “Kan julle glo sommige mans koop dié ringe as verloofringe? Hoe pateties.”

Quinn was dadelik teleurgesteld oor die vrou se opmerking, maar Ariel het vinnig reageer: “Ek sou met hierdie man getrou het al was dit ʼn 25 c-lekkergoedmasjienringetjie.”

Ariel se plasing op Facebook het soos ʼn veldbrand versprei en toe persone in die kommentaar die vrou se opmerking bevraagteken, het sy bygevoeg: “Ek wil net iets sê vir almal wat dink dis vals wat die vrou gesê het. Sy het ook gesê haar kêrel het reeds $30 000 gespaar vir haar ringe, en hy het nou maar eers begin.”

Ariel en Quinn is in die hof getroud. “Hier is ek. In die hof getroud met my $130-ringe en die liefde van my lewe langs my. Ek is gelukkiger as wat ek my ooit kon verbeel.”


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Lorett Brittnell ·

Dis sommer bog. Het 26jr gelede getrou sonder ‘n verloofring, net ‘n troupand en is vandag nogsteeds met my man getroud en bling nogsteeds nie.

Chanty ·

Ek stem. Dit gaan nie oor die ring nie.. Dit gaan oor wat binne in daardie man se hart is en hoe hy sy vrou op sy hande dra… en haar met opregte liefde oorlaai.. geld en bling bling bring nie die geluk in n huis soos wat ware liefde, opregtheid en vertroue doen nie.. well done julle 2 tjies.. mag jul nog 100de gelukkige jare saam he!!!

C. Simpson ·

Ek is die 19de Desember 52 jaar getroud en altwee my ringe het R169 gekos want ons was nie welaf nie.
My ringe is nog net so mooi enek ruil dit nie vir anige duur ringe nie. Goed gedaan om nie skuldig of sleg te voel oor die prys van die ringe nie.

Annie ·

My ring was R8000 en ek sou my man even getrou het al was dit net n plastiek ringetjie of even n ring van ogies draad. Want ons liefde vir mekaar is al wat vir my saak maak nie hoeveel hy kan uitgee op juwele nie

Annatjie Kruger ·

R169 vir twee ringe 52 jaar terug was baie duur. Toe ek 41 jaar gelede begin werk het was my salaris R175 per maand. Dit beteken dat daardie ringe amper my hele maand se salaris was. Moontlik sou die ringe selfs duurder wees teen daardie tyd. Ek was 8 jaar oud toe C.Simpson getroud is en ek reken dat teen daardie tyd was my pa se salaris (hopelik) in die omgewing van R169. En as ‘n mens dink dat Ariel en haar man se ringe R1800 gekos het is dit tog ook nie sooooo goedkoop nie. Ek weet daar is dames wie sou verkies dat slegs hulle ringe meer as R1800 moet kos. In elk geval as Ariel en haar man gelukkig en tevrede is met hul keuse wie is die res van die wêreld om hulle te kritiseer.

Sarel Strydom ·

Vir hulle gan dit nie om maatriale dinge nie,dit is duidelik. Jammer dat sommige mense soveel aandag gee aan materiele dinge soos die duurste ringe, duurste uitrustings en die deftigste onthale.

zelda ·

Jy koop wat jou sak pas en dit gaan nie oor die ring maar oor hoe jy as man,vrou oor mekaar voel.Jy kan n ring vervang maar as een van die partye weg val is hy/sy nie vervang baar nie geen geld kan jou maat terug bring as hy/sy weg val nie, daai is n baie mooi ring en geluk aan hulle twee want hulle maak dit werk op hulle way.

Weet ook ·

Komende Januarie 22 jaar gelede moes ek my eie verloofring koop. R120 van Foshini. Het 6 maande daaraan afbetaal. ‘n Jaar later beide ons se trouringe ook gekoop vir R560 en het ‘n jaar daaraan afbetaal. Nodeloos om te sê ek is 2 jaar gelede geskei na ;n 20 jaar huwelik…en die eerste ding wat ek gedoen het toe ek by die skeihof uitstap is om sommer die ringe daar ‘per ongeluk’ in die straat laat val het. Die einste ringe het ‘n toonbeeld van ongeluk geword.

Dita ·

As ‘n man nie vir jou die beste gee wat hy kan nie, al moet hy dan ook die ring maandeliks afbetaal, gaan hy ook nie veel moeite doen met die res van jou behoeftes nie. Die ring wys wat hy van jou dink, so moenie verbaas wees as die Romeo met die goedkoop ring jou ook weldra soos ‘n goedkoop vloermat behandel nie.

Andrea ·

Ek stem nogal saam.met hierdie siening! Ek is 26 getroud en geniet nogsteeds my pragtige verloofring waarvoor my man kliphard gespaar het.

nadia ·

Wat laat jou so dink? Hvl keer was jy verloof en of getroud?

Lord of the Rings ·

Dit is absolute NONSENS. Dit is presies hoekom daar soveel egskeidings is en hoekom mense so materieel ingesteld is. Jy kan met ‘n goedkoop of duur geskenk gelukkig wees. So vreemd hoe self-righteous mense geraak het. Sommige mans kan dit nie aanvanklik bekostig nie, en agv die vrou se ‘demands’ gaan hy skuld aan en stoei hulle vir maande om kos op die tafel te hou net sodat sy hom eendag kan los? Die ring wys wat hy van jou dink? Sjoe dis die heel oppervlakkigste comment wat ek in 50 jaar gehoor het.

Reinhardt ·

Ag nee wat, ek betaal liewer min op n ring en gaan vat ‘n lekker lang oorsee se vakansie. Daai duur ring gaan jou niks plesier in die lewe bring nie.

Rln ·

Ek het ook my ring self gekoop… en na 15 jaar sit meneer met n ander vrou.. wonder of die ook haar ring self gaan koop. So hoe goedkoop was ek nou? eisj!

Rfd ·

Elkeen doen wat die beste vir hom/haar is. Ek het ‘n man wat daarvan hou om my te bederf en geld op my te spandeer. My troustel was net onder $5,000 en baie mooi. Ek kry komplimente oral waar ons gaan en dit is gewoonlik “That is stunning, your husband must love you very much!” Ek sou ‘n $100 ring met net soveel trots gedra het, want hy is ‘n groot seën in my lewe!

G ·

Die aarde kort meer mense soos julle. Die mense wat glo die waarde van ‘n ring bepaal hoe lief ‘n persoon jou het, is naïef. ‘n Man moet vir jou die beste gee wat hy kan, en nie jul in die skuld indompel net om ‘n duur ring te koop nie. Mag jul huwelik geseën word. Vir die wat hul eie ringe gekoop het, dit was ‘n duidelike waarskuwingsteken. Geen man met trots sal laat sy toekomstige vrou als betaal nie. Hy sou eerder sy hande stompies werk. Ek hoop jul volgende lewensmaats (indien jul weer sou trou) waardeer jul meer.

yolandi ·

Ek was nog nooit verloof of getroud nie, maar ek verkies plein en goedkoop, hoekom duisende spandeer aan n ring en jul trou dan in skuld in, spandeer eerder daardie geld om jul eerste nessie saam mooi te maak….
Dalk is ek ook maar goedkoop…

Marietjie ·

Toe my man my ring gaan koop het, wou hy iets groot koop, my vriendin het hom gese om maar plein en eenvoudig te gaan. Hy het wel vir my ‘n baie mooi stel ringe gekoop en ja hy het baie gespaar om dit te kan koop. Ringe koop is ook nie goedkoop vandag nie. Eenvoudig en mooi en R6000 later. Maak ook nie saak wat hy vir my sou gekoop het nie, ek sal altyd baie lief bly vir hom.

Boertjie ·

Is nie die prys van die ring wat saakmaak nie. Is hoeveel liefde daar in die hele ding is. Ek en liefie is met goedkoop ringe getroud, wat intussen gesteel is. Koop toe daarna sommer vir mekaar mooi goedkoop ringe, en verloor die ook toe sommer weer. Nou loop ons altwee ringloos. En bly getrou aan mekaar. Mens het nie ‘n ring nodig om jou liefde en trou te wys nie. Mens het net mekaar nodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.