Dít is die 10 mees stresvolle beroepe, volgens studie

student-werkende-jongmens

Foto: StartupStockPhotos/Pixabay.com

Die farmaseutiese reus, Pharma Dynamics, het in ʼn onlangse studie die toptien mees stresvolle beroepe in Suid-Afrika geïdentifiseer.

Pharma Dynamics het vroeër vandeesmaand gesê deelnemers aan die studie het die stresvlakke van verskeie beroepe gemeet deur dit aan stressors te koppel soos onder meer die fisieke en geestelike eise van die werk, die spertye, hoeveelheid ure wat die beroep vereis, die risiko’s, hantering van konflik en die reis wat daaraan verbonde is.

Minstens 2 000 mense het aan dié aanlyn studie deelgeneem.

Mariska van Aswegen, Pharma Dynamics se mediabestuurder, het aan die webwerf Business Tech gesê van die beroepe op die lys kan op die oog af nie stresvol lyk nie, maar vereis in werklikheid baie van die mense wat in dié spesifieke beroepe staan.

Van Aswegen het onder meer gesê haarkappers werk in ʼn dinamiese omgewing met baie druk en boere moet daagliks in ʼn veranderlike omgewing werk.

Sy sê ook dié studie sal verder uitgebrei word oor die volgende 12 maande as deel van ʼn groter projek.

Hiermee die mees stresvolle beroepe:

  1. Vlieënier
  2. Haarkapper
  3. Boer
  4. Rolprentregisseur
  5. Verpleegster
  6. Polisieman/-vrou
  7. Besturende posisies in ʼn korporatiewe omgewing
  8. Uitvoerende hoof van ʼn maatskappy
  9. Dokter
  10. Sanger

Bron: Business Tech, Pharma Dynamics

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

94 Kommentare

Johann Marx ·

En waar pas Gwede “this job will kill me” Mantashe in hierdie top 10?

Johann Marx ·

Bo-aan die lys moet wees: Wits Student….wie se pa betaal het!!

charmaine ·

n Haarkapper? waaroor stress hulle? My haarkapper is Maandae af en sy werk van haar huis af?

CS ·

Charmaine’kie nie amal het voorreg om van die huis af te werk nie sommiges werk in sentrums en is goeie vrydag, kersdag en nuwe jaar toe thats it ….en ek se ook nie hulle werk meer as prokureurs ens maar as jy met mense moet werk 9 ure n dag is n office job aansienlik rustiger

Karel ·

Die studie is waarskynlik net onder die tien beroepe hier gelys gedoen. Kan nie dink dat n sanger meer stres verduur as paramedici nie.

MM ·

Oh my word, wil julle nou rerig sê ‘n haarkapper en ‘n sanger het bv meer stress as ‘n prokureur?
Nee wat, doen weer die toets. Veral as dit gaan oor konflik, prokureurs is 100% van die tyd besig met konflik :)

Henry ·

Ja kyk, ek moet saamstem dat prokureurs verseker die lys moet haal. Bo-op die uitdagings van die beroep self sukkel baie mense in die professie om kop bo water te hou.

Tiaan ·

‘n haarkapper hanteer soveel verskillende mense per dag, dit is ‘n baie intieme beroep. Baie mense ontlaai wanneer hulle by die haarkapper is, sommige blaas stoom af deur die haarkapper soos snert te behandel, ander deel geheime en gevoelens. Dit is regtig net meer as hare sny. ‘n vrou se troudag is een van die belangrikste geleenthede is haar lewe, die hare moet perfek wees. Die werksure van meeste haarkappers is gewoonlik 6 of 7 dae per week dan word beurt gevat om af te vat. Die salaris van haarkappers is regtig baie min, indien ‘n haarkapper ‘n goeie inkomste verlang moet hulle ten minste R60 000 per maand inbring vir die salon om goed te kan leef. Gaan maak maar die som ek kyk hoeveel hare jy moet sny en kleur om R60 000 te maak. Daar is nie n vinnige oplossing nie, elke sent moet verdien word aangesien haarkappers nie per uur betaal word nie maar per kliënt.

Tilla ·

Ek dink die prokureurs sekretaresse hanteer baie baie meer stress as die prokureurs self.
vra maar vir die stressvolle dokter hoeveel prokureurs sekretaresse het maagswere

Jean ·

Oh my word waar het julle DAARDIE opname gaan maak? Ek hoop nie dit het baie geld gekos nie, want dit was GELDMORS!!

Magda ·

Maroela Media het seker nie reg gehoor nie. Moet seker wees nie 10 met die minste stress!!!
Hulle het nog nooit gewerk vir kommissie nie, want ek het daai stess elke maand, want hy nie jou target maak nie kry jy nie ‘n salaris nie.

Hennie ·

Goeiste?die grap vd dekade?!!
Wat van “paramedics” & werk in n kleinhandel winkel met n hoë omset, dan nog n “franchise ” ook…..dan praat ons Stress…

Sydney ·

Ek stem saam dat ‘n tandarts baie stresvolle beroep het. Al die tande wat verkeerd verwyder word, moet hy van vining ontslae raak om seker te maak dat die pasient dit nie vra om in die hof te gebruik as bewys nie. “Jis nou pyn my tand…… :-0”

Twinkle ·

En wat van versekering… spesifiek die eise afdeling…..

BOLANDER ·

Julle sit almal die pot mis. Ou Zumpie stortkop moet bo aan die lys wees. Hy stres op hierdie oomblik sy siel uit sy vel uit, want hy is oppad uit!!!!!!!!!!!!

Vanessa ·

Duidelik is persoon wat die studie gedoen het nog nie in die onderwys nie!!!

Ouvrou ·

Ek is ‘n onnie en my vriendin ‘n sielkundige. My sus is ‘n prokureur en my man werk by SAUK. Ons álmal hoort bo-aan die lys! Wat ‘n klomp twak. Wat van polisiemanne en mense wat vir sekuriteitsmaatskappye werk. O en ek is bly ek is nie tans is student of dosent nie.

Angelique Jacovides ·

Wat van n onderwyser mense? Ons sit nagte om met vraestelle en merk werk en stress ons dood of die kinders gaan deur kom veral die wat nie wil leer nie. Ons stress ons self tot in n ander bloed groep in want iemand anders se kinders is jou verantwoordelikheid. By die skool word daai kind jou kind. Kyk daai studie wat gedoen is is beslis nie reg nie… Daars ander werke wat baie meer stress bevat as die wat genoem is.

M'Lady ·

Absolute snert. Hierdie maatskappy het hulle tyd en geld gemors. Hulle kon maar net Google gebruik het. Die wiel is klaar uitgevind.

Andre s ·

President van rsa jy weet nooit wanneer jy uitgevang gaan word.

Maryna ·

Ek is seker baie van hierdie beroepe is baie stresvol, maar ek wonder of julle helfte van die beroepe wat in hierdie land beoefen word in ag geneem het.

Beslis ·

Beroep wat difnetief heel bo in die lys moet wees is ouerskap veral ‘n ma. Dit is stresvol, daar gaan nie ‘n dag verby wat jy nie stress oor jou kinders, huis in en buite die huis.

Harry ·

Duidelik het mense wat stresvolle beroepe het nie tyd vir die soort simpel meningspeilings nie. Hulle moet werk en reg ook Anders styg die stres net Meer. Bha wha wha. Nog nooit sulke onosel inligting gesien nie.?

Wat van ·

Wat van logistieke koordineerder…omdat “miracle worker” nie n’ beroeps naam is nie ?

Magda ·

Beslis ‘n eiendomsagent!!! Of enige iemand wat vir kommissie werk!

Nel ·

Om president te wees en veral as daar 783 klagtes van misdaad teen jou aanhangig gemaak is.

Manie ·

Ja nee. Ek wonder of mense weet watse stress n skeeps agent het wat in n besige hawe werk. WONDER MAAR NET!!

Skoolhoof ·

Duidelik was onderwysers te besig om leerders te onderrig, lesplanne uit te werk, boeke te merk, assesseringstake op te stel, rapporte te skryf, take te modereer, oueraand te hou, konsert af te rig, konsertklere te maak, ekstra klasse aan te bied, sport af te rig en die kultuuraand of vergaderings by te woon, toe mense van ander beroepe die vraelyste ingevul het.

Madelein ·

Ek stem heeltemal saam met dit. Onderwysers het een van die mees stresvolste beroepe. Buiten bogenoemde van lesse uitwerk ens. Werk ons nie net by die skool nie, ons moet ons werk huis toe vat of bv te merk. Dan terwyl jy lesse beplan het kry mens soms nie geteach nie omdat die kinders van vandag geen dissipline of respek het nie so jy moet met dit ook nog cope. Jy is pal besig met skoolwerk en kry nie eers tyd vir jou gesin nie. Ja ons kry vakansies maar daar is geen rus nie want ons beplan in vakansies vir die volgende kwartaal of daar moet gehelp word by vakansieskool. En mens sukkel nie net met kinders nie, maar soms ook met ouers wat nie belangstel deur die jaar in sy kind nie, maar aan die einde van die jaar as kind nie na volgende graad bevorder word nie, is dit die onnie wat nie sy werk gedoen het nie. Ek dink dis nr 1 stres!

Hairdresser ·

Duidelik het van die persone wat kommentaar lewer nog NOOIT met kliente in ‘n haarsalon gewerk nie

E.K. ·

1. Reiskonsultant – enigeen wat met die publiek en die korporatiewe sektor werk en veral op daardie vlak, glo my…

Saaknommer ·

Respek vir mense wat elke dag met die Ontvanger van Inkomste werk. 2 sekondes stilte vir julle ! Ek dink hulle verdien ‘n sitplek by die bruidstafel wat eerste gaan kos skep.

PW Growee ·

Mooi TS. Ek gee jou gelyk…. Forklift operateurs, dominies, entomoloe en prostitute.

Edwin Scheepers ·

Ons wil nie ‘bragg’ nie maar dit is ‘n feit dat die Lugverkeerbeheerders (ATC’s) oor julle almal asook die vlieeniers ‘stress’ . Om nie eens te praat van die ‘bomb squad’ manne nie!

Annamari ·

Dis een beroep wat ek nooit sal doen nie. Ek sal my oe uit huil ‘uurliks’ en opeindig met n huis vol kinders. Ek haal my hoed hoog af vir julle.

Billy ·

Ek het gewonder wanneer iemand maatskaplike werkers gaan noem. Mense het geen idee wat die die beroep van mens vereis nie. Ek wens soms ek is in ‘n beroep waar 1 + 1 = 2 is.

Sumerie ·

Ja nee, en ons Admin Klerke is nie op die lysie….Ons hanteer duidelik die “fisieke en geestelike eise van die werk, die spertye, hoeveelheid ure wat die beroep vereis, die risiko’s, hantering van konflik en die reis wat
daaraan verbonde is.” ;)

Jaco van Zyl ·

Duidelik gaan almal dink hul werk hoort in top 10 lys… wonder waar pas e-Tol collectors in ? Ek dink IT konsultante behoort natuurlik ook bo sangers te feature… en ENIGE mediese versorgings pos in Chemo behoort baie na aan top te wees

OppieS ·

Moenie van die finansiële ouens vergeet nie. Die wat moet sorg dat almal salarisse kry, rekeninge betaal word en ‘n budget wat moet klop!?

T ·

OK julle. Ons is dit almal eens. In vandag se tyd stres ons almal maar ewe veel!!! Die kuns kom net daarin om by die regte plek in te skakel om bietjie te kan ontlaai. Hou moed julle, die jaar is amper om. Gaan stap om die blok, haal DIEP asemhaal en sit ‘n glimlag op jou gesig ?

Annamari ·

Wat van n onderwyser? n Studie in VSA het beweer onderwysers het van die mees stresste volle beroep. Dis hoekom so baie onderwyser oorgewig word. Bleikbaar is daar n direkte verband tussen oorgewig en stres.

Cari-wari ·

Hhhhhmmmm….dit was n aanlyn studie so net die wat tyd het kon deelneem. Duidelik het die wat werklik baie stres dra nie die tyd om aan so n studie deel te neem nie. Hulle is te besig!!!! Soos bv. Onderwysers ?

joan labuschagne ·

My lysie: 1) Minister van Finansies 2) Onderwys 3) Boer 4) Ouerskap 5) Medies 6) Vlieënier 7) Motorbestuurder 8) Werk op kommissie basis 9) Prokureur 10) Ombudsman. Daar is natuurlik nog vele meer. Almal beroepe was die persoon self gekies het. Moenie vergeet van ons Public Protector nie!

E.K. ·

Nou-ja – uit bogenoemde kommentare blyk dit MEESTE beroepe het stres, sommige meer as ander ander weer meer op sekere tye. Ek dink elke werker wat hard vir sy of haar geld werk verdien respek. Mens is gou om te kla bv hier oor die feestye dat kassiere in winkels ongeksik is. Mens dink hulle het nie stres, maar dink nou – heeldag luister na dieslefde kersliedjies oor en oor (ai, mense dis stresvol as dit hierdie goedkoop plastiekklanke is!); dan is daar die skreeuende kinders wat vloermoere gooi omdat hulle dit en dat WIL hê wat hul moet aanhoor en dan kom kopers betaal en het of te min geld, die skandeer kode makeer of die koper wil skielik iets (wat reeds geskandeer is) nie meer hê. Nou moet iemand geroep word om dit af te haal/prys op te laai en so gaan dit aan. En dan kan party kopers ook maar vreeslik ongeskik wees met die arme kassiere. so mense, alle werk het een of ander stresvlak maar laat ons mekaar dus respekteer en van jou kant probeer om die ander party se las ligter te maak!

Windsong ·

Wat van ouers wat kop bo water moet hou, in hierdie ekonomie, wat met n karige selaris moet uit kom , en elke dag moet wonder hoe druk ons die maand deur, hoe kom ons by die werk, waar kry ek ekstra geldjie vir brood en melk, hoe kry ek my kinders by skool, hoe hanteer ek my werk vandag, sodat ek n og staande kan bly, vat nie eens kos saam werk toe nie, want dis n eksra broodjie wat gespaar bly vir die kinders, o gonna dan is daar kersfees op pad! Skool vakansie, bly maar soos elke jaar by die huis, want daar moet weer voorsiening gemaak vir skool toerusting vir nuwe jaar, ek salueer elkeen van julle wat deur dit gaan, dis n stress volle werk!

jaco ·

Die studie meld nie ras en regstellende aksie nie. Voeg dít by en baie beroepe, veral polisie en verpleging, word doodgewone karring-maar-aan-beroepe SONDER enige stres. As jy by hulle kla oor hulle so useless is, antwoord hulle met “ons doen net wat op ons pligstaat staan” en hulle kryt jou uit as ‘n rassis.

Essie ·

Elektrisiëns, hul werk is gevaarlikste en stresvolste! Hul stres ook wanneer hul op bystand is, want hul word kort-kort dag en nag uitgeroep! Stresvlakke en humeure skiet vinnig op!

Tiaan ·

Dis net soos jy sê, konstruksie werk oor die algemeen, eks seker die boukontrakteurs was te besig om te werk om deel te neem aan die opname

Johan du Plessis ·

As jy vir of met SARS werk, kan daar nie ‘n meer stresvolle beroep wees nie. Rekenmeesters is besig om te sterf agv SARS!!

Justice ·

Vandat Bankbestuurders rekenaars het wat die besluite vir hulle neem is hulle seker heel onder aan die lys.

Arnold van Redres ·

Skale en Pomp mense sal ek se. Want die goed is gekoppel aan Sertifikate

jvz ·

Ek was ‘n vlieënier, maar het nog nooit gestress soos Zuma wat weet sy uurglas loop leeg en die tronkdeure staan oop vir hom. Sy dae van duck en dive is besig om tot ‘n eide te kom!

Koos ·

Ek dink wat belangrik is om te onthou is dat elke beroep vir ‘n persoon wat daardie beroep beklee stresvollend is. As jou beroep al is wat jy ken, is dit vir jou mees stresvolle werk. Ek stem saam dat daar beroepe is wat ook in die lys moet wees bv. ‘n ambulaansdrywer of ‘n ingeneur wat beheer is van groot konstruksies . Maar as ‘n sanger nooit ‘n ambulaansdrywer was nie en net sing ken, gaan niks vir hom meer stresvol wees as sing nie.

Frans C ·

Nouja hier is twee sent.
As ek sou na die egskeidingsyfers kyk moet om getroud te wees, seker die mees stresvolle onderneming wees om jouself in te bevind, want nie een van die beroepe ondervind dieselfde hoeveelheid verlaters as die huwelik nie.

Anthonie Van Bosch ·

Ek sou eerder se die lys moet so lyk:

1. Hacker
2. Sonographer
3. Professor
4. Haarkapper
5. Klerk
6. Juwelier
7. Oudioloog
8. Dieetkundige
9. Bibliotekares(se)
10. Padwerker

Voorlaaier ·

Air traffic controller!!…..Kan ni i second slap of waaksaamheid verloor ni….

Voorlaaier ·

Ondergrondse masjien operateur!..Baie stresvol en gevaarlik!

suzaan ·

En wat van ons wat vir JULLE kinders(Gr. 12) moet skool gee……

Louwrens ·

Ek lei self nie aan stres nie, maar is mal daaroor as ander mense oor my stres. Soos my bankbestuurder, my dominee, my haarkapper ens. Ek kon nog net nie my vrou sover kry om ook oor my te stres nie…!

me ·

Was it al werkloos vir 2 jaar. Man ek stres want so weet nie waar ek geld gaan kry nie. My huis, my motor, kos en klere. Petrol ??? meeste stres is werkloos

Zoom Zoom! ·

The question that should be asked…because of you ations will hundreds of people die?…of all the careers being bragged about here..I can only see the Air Traffic Controller and Pilot which is evident in the salaries these people are paid…the study is obviously ill informed. The first career was known for decades as the most stressful and the sky is getting crowded more and more..as a pilot I would know.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.