
Foto: StartupStockPhotos/Pixabay.com
Die farmaseutiese reus, Pharma Dynamics, het in ʼn onlangse studie die toptien mees stresvolle beroepe in Suid-Afrika geïdentifiseer.
Pharma Dynamics het vroeër vandeesmaand gesê deelnemers aan die studie het die stresvlakke van verskeie beroepe gemeet deur dit aan stressors te koppel soos onder meer die fisieke en geestelike eise van die werk, die spertye, hoeveelheid ure wat die beroep vereis, die risiko’s, hantering van konflik en die reis wat daaraan verbonde is.
Minstens 2 000 mense het aan dié aanlyn studie deelgeneem.
Mariska van Aswegen, Pharma Dynamics se mediabestuurder, het aan die webwerf Business Tech gesê van die beroepe op die lys kan op die oog af nie stresvol lyk nie, maar vereis in werklikheid baie van die mense wat in dié spesifieke beroepe staan.
Van Aswegen het onder meer gesê haarkappers werk in ʼn dinamiese omgewing met baie druk en boere moet daagliks in ʼn veranderlike omgewing werk.
Sy sê ook dié studie sal verder uitgebrei word oor die volgende 12 maande as deel van ʼn groter projek.
Hiermee die mees stresvolle beroepe:
- Vlieënier
- Haarkapper
- Boer
- Rolprentregisseur
- Verpleegster
- Polisieman/-vrou
- Besturende posisies in ʼn korporatiewe omgewing
- Uitvoerende hoof van ʼn maatskappy
- Dokter
- Sanger
Bron: Business Tech, Pharma Dynamics
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
94 Kommentare
Sanger??? Bwhahahaha!!!! Ja, ek’s seker..
Klomp snert , en waar pas n tandarts in daai top 10 in ?
En waar pas Gwede “this job will kill me” Mantashe in hierdie top 10?
Bo-aan die lys moet wees: Wits Student….wie se pa betaal het!!
n Haarkapper? waaroor stress hulle? My haarkapper is Maandae af en sy werk van haar huis af?