Dink nuut is ʼn DVD reeks met praatjies deur Suid Afrika se bekendste Christen-sprekers oor onderwerpe wat ons lewens daagliks raak. Dis loslit, aktueel, diep en relevant vir elke kyker wat geestelik wil groei. In die eerste in die Dink nuut-reeks gesels RIEKERT BOTHA oor verhoudings.
Oor die spreker:
RIEKERT BOTHA het op RSG bekend geword vir sy raakvat, plat-op-die-aarde benadering tot geestelike onderwerpe. Op hierdie DVD help hy ons om nuut te dink oor een van sy gunsteling onderwerpe – verhoudings. Hier is Riekert op sy beste!
Loer gerus wat Louis Brittz hieronder in die video te sê het.
Dink nuut oor verhoudings met Riekert Botha is beskikbaar vanaf 15 Mei by jou naast CUM boekwinkel.
Deur die loop van 2012 kan jy ook ander Dink nuut-titels verwag deur sprekers soos Stephan Joubert, Hettie Brittz en andere.
Dink Nuut oor Verhoudings met Riekert Botha – Louis Brittz Gesels oor Dink Nuut
Dink Nuut oor Verhoudings met Riekert Botha – video 1
Dink Nuut oor Verhoudings met Riekert Botha – video 2
Dink Nuut oor Verhoudings met Riekert Botha – video 3