[Foto’s] Eerste gradeplegtigheid by Aros

Aros

Te spoggerig! Studente van Aros staan reg om amptelik graad te vang.

Aros, ʼn private Christelike hoëropleidingsinstansie, het gisteraand sy heel eerste gradeplegtigheid by die Atterbury-teater in Pretoria gehou, waar 66 nuwe onderwysers die graad B.Ed. Grondslagfase Onderwys ontvang het.

“Ek is baie opgewonde,” het Suzanne Roccon, wat ook graad gevang het, gesê terwyl sy van oor tot oor geglimlag en met oorgawe oor haar toekoms as onderwyser gesels. “ Ek is voorbereid en opgewonde oor die toekoms.”

Niclaas Roets, uitvoerende hoof van Aros, het gesê dis ʼn wonderlike geleentheid en hulle moes ʼn lang pad stap om dit te bereik. “Ons het hard gewerk om tot hier te kom – dis wonderlik.”

Jaco van der Merwe, wat ook graad gevang het, het gesê om Aros te kies vir sy studies was die beste besluit wat hy kon maak. “Dis wonderlik hoe dinge uitgewerk het! Ek was aan die begin nie seker oor die onderwys-ding nie, maar ek weet ek is op die regte pad. Ek wil kinders se lewe verander en ek voel ek het die regte opleiding ontvang om kinders se lewens aan te raak – nie net om ʼn onderwyser te wees nie, maar om hulle regtig raak te sien en leiding te gee.”

Madeli de Kock, wat ook haar toga met trots dra, sê vir haar was Aros ʼn veilige omgewing waar sy haar opleiding kon ontvang. ”Dit was ʼn groot voorreg om in my taal te studeer saam met mense met dieselfde waardes as ek. Ek het die wonderlikste vriende gemaak.”

Hierdie drie studente, wat reeds werk het, het met oorgawe en passie oor dié instansie gepraat. Hulle meen die praktiese opleiding wat hulle reeds vanaf hul eerstejaar ontvang het, het hulle gou ʼn idee gegee van hoe dinge regtig in ʼn klaskamer werk. Jaco sê dit help mens gou om te besef of jy onderwys moet studeer, al dan nie.

En Niclaas se boodskap aan Aros se eerste gegradueerdes?

“Ons studente moet nou uitgaan en alles leef wat ons hulle geleer het.”

Besoek gerus Aros se webblad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Adri

Ons vra om verskoning vir dié oorsig. Die berig is gewysig.

Groete
Landi
nms Maroela Media

JC ·

Oulik! In Afrikaans nogals!
Privaat universiteite gaan lykmy nog ‘n beduidende en belangrike rol speel in die ontwikkeling en uitbou van ons pragtige taal. Geluk aan Aros met die “awesome” werk wat hul doen!

charmaine ·

Baie geluk aan elkeen, julle kan n groot verskil maak hoop net julle word die geleentheid gegun. Sterkte vir die pad vorentoe.

Ronel ·

Absoluut wonderlik, egte Afrikaanse universiteit. Geen betogings en brande en chaos nie.
Baie geluk met julle grade.
Sterkte met die nuwe toekoms.
God seën julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.