Egpare durf vyf dae aan sonder tegnologie

Foto: Esmarie Yssel/Facebook

Vyf egpare van die Pretoria-omgewing gaan probeer om vir vyf dae sonder tegnologie klaar te kom. Foto: Esmarie Yssel/Facebook

Vyf egpare van die Pretoria-omgewing gaan probeer om vir vyf dae sonder tegnologie klaar te kom. Esmarie Yssel, joernalis by Pretoria FM, het dié inisiatief op die been gebring.

“Ons verloor baie tyd by die huis om onsself te verryk of om tyd met mekaar deur te bring omdat ons kort-kort op die foon is. Of ons hoor nie die reën nie, want die televisie is aan,” het Esmarie aan Maroela Media gesê.

Esmarie, wat 8 maande gelede getroud is, het sommer haar getroude vriende ook uitgedaag en sy meen dit gaan vir hulle almal ʼn groot uitdaging wees.

“Mens kan soveel doen – ʼn gedig skryf, of kitaar speel. Ons skeep ons Godgegewe talente af omdat ons heeltyd besig is om ander mense op sosiale media dop te hou. Dit is sommer nonsens,’ het Esmarie gesê.

Die uitdaging sal van 12 – 16 Desember plaasvind en omdat dié klomp nog werk, sal die reëls eers by die huis in werking tree.

“Daar is nie rigiede reëls nie, maar op die foon wees terwyl ons eet, of televisie kyk in die bed, is heeltemal uit. Ek en Elrich (haar man) gaan baie eerlik wees, ek weet die ander paartjies sal ook eerlik wees.”

Sarina Frauenstein, ʼn omroeper by Pretoria FM, sê sy en haar man, Sam, wat reeds drie jaar getroud is, neem deel omdat hul geneig is om na-ure by die huis te werk.

“Ons is albei geneig om na-ure op ons fone te werk en dit laat ons eintlik heeltyd werk. Daarom gaan ons ons fone en televisiereekse bietjie opsyskuif en kyk waarmee ons die gapings kan vul. Ons kry maar min tyd saam met mekaar. Ek werk vroeg in die oggende en Sam kom eers laat in die middae by die huis. In die aande gaan oefen ons, dus het ons eintlik net ʼn uur of twee per dag om saam te kuier en dinge saam te doen.”

Na afloop van die vyf dae sal elke paartjie terugvoer gee oor of die uitdaging hulle huisopset enigsins verander. Hou Maroela Media dop om te hoor of hulle dié uitdaging kon deurmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ronel ·

Ek het sommer vroeg al ‘n reël in ons huis gemaak. Geen selfone of tablette word aan etenstafel toegelaat nie. En so ook nie in ons slaapkamer nie. Dis nie die plek vir tegnologie nie in elk geval.

Johagem ·

Dit gaan mos nie werk nie as ek op bystand by my werk is . Hoe gaan hulle my laat weet om werk toe te kom ? in die dag met n pos duif en in die aand met n vler muis ??

Delia ·

Ai Johanna, is dit wat JY sou doen om aandag te soek?
Ek sal graag wil hoor wat die uitslag van hierdie VF pare se poging is!

Valerie ·

Jip, Johanna, dit is aandag soek verby. Hoe kan sulke snert enigsins nuuswaardig wees? Hoekom dit aan almal vertel? AANDAG, dis hoekom. Jy moet onthou dat sosiale media net oor een mens gaan: die eie groot EK.

Karma ·

Ag, nee wat, vir my sal dit die maklikste ding op aarde wees om 5 dae sonder tegnologie te moet deurkom, mits ek nie hoef te werk nie. My selfoon is daai ding wat doer onder in my handsak lê en ek is nie op sosiale media met my foon nie. Televisie kyk is iets wat ek regtig net doen om op hoogte te kom van die nuus of naweeksoggende (maar dan lê ek in elk geval meer en slaap met die TV aan!). Gee my eerder ‘n lekker boek, ‘n lekker CD om te luister of plak my neer voor my tafel waar ek skilder, baie dankie!

Sue ·

TV steel baie ure! Ek het 5 jaar gelede tv gekyk. Ek lees die nuus op my cell foon. Ek bel nog op die oudtydse manier as ek met iemand wil praat. Ek werk met mense en hou daarvan om te luister…na hul dinge en stories. Myse mense bly nie in my foon nie..maar leef in my wereld. Om so n bebroewing vir n paar daggies te probeer oorleef…is soos om n stukkend spieel te polish terwyl jy weet dis gebreek.

Nico ·

Onthou net – klere en huise is ook tegnologie. As julle werklik voluit wil gaan moet julle aan Naked and Afraid deelneem. En dis vir 21 dae. Stem egter saam dat mobiele media en mense se afhanklikheid aan nie-essensiële media handuit ruk.

Anika ·

Oulike idee!! So is daar oor 9 maande ‘n pienkvoet in die Frauensteins se huis? ?

johann brits ·

Kom ons begin sulke groepe vir ons bejaardes ook-ek is ‘game’

Maryna Stoltz ·

Ek dink dit is ‘n wonderlike idee. Sal graag terugvoering wil hê.

Hanlie ·

Sy het nie nodig om dit te “toets” nie. Daar is baie mense wat nie dat tegnologie hulle lewe reel nie. In die week moet ek somtyds tegnologie na ure inspan omdat ek werk het om te doen, maar naweke word daar lekker saam DVD’s gekyk en gelag, of ons sit en gesels rondom ‘n vuurtjie, die kinders speel buite (myne is 10 en 12 jaar en hulle is mal daaroor om allerhande speletjies uit te dink en buite te speel) of ons lees boek (almal van ons is mal oor boek lees). Tegnologie reel nie ons lewe nie…….(ek moet my selfoon maandae oggende soek voor ek werk toe gaan want ek kan nie altyd onthou waar ek dit Vrydag gesit het nie). Vir my is saamwees en gesels belangrik en so maak ek my kinders groot.

Basson ·

Rerrig?
Ek het my dogter pas 5 dae op die Sinfonia laat vaar sonder roaming, en sy sê dit was hemels! :)

(Maw geen internet, bel, ens)

Is ons nou al so ver heen???

My tweesent bydrae ·

Honderd present ondersteuning van my kant af .

marianna ·

kyk a lvir n paar jaar nie TV nie tel lê iewers in die huis gebruik dit net vir nood. Baie lekkerder in die tuin of om te loop met die honde of of na musiek te luister!!

Olga ·

Ek dink ek gaan dit ook prober terwyl ek nou op verlof gaan, gaan ook ‘n paar vriende benader.
Glo mens gaan vinag besef hoeveel van jou tyd Tegnologie vat.

siela ·

Goeie griet!! Ons gaan kamp gereeld op n stil plekkie sonder elektrisiteit of lopende water. Dis heerlik.. En kan dit veel langer as 5 dae doen. Dis nie nuus of snaaks nie.. (?) Mens lewe beslis nader aan jou Skepper dan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.