Entrepreneurskap: Krag lê in getalle


Karin-Metz-bonus-episode-Jacques Basson gesels met die entrepreneur Karin Metz. Die volledige onderhoud waar Karin haar wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag om 10:00 gepubliseer.

Wat is die beste raad wat jy al ooit ontvang het?
Kry vir jou ‘n besigheidsafrigter en moet dit nie alleen probeer doen nie. Ons het almal iemand nodig wat bietjie eenkant staan wat ons as ‘n klankbord kan gebruik, teenoor wie ons aanspreeklik moet wees en wat die groter prentjie saam met ons kan raaksien.

My grootste veranderings en groei in my besigheid het begin toe ek besef het daar is ‘n behoefte en toe ek net ouens ingelaat het, want ek het natuurlik vertroue in die verhouding gehad. Ek het hulle toegelaat om inspraak in my besigheid te hê. Dit maak die hele pakket net soveel sterker.

Luister na die volledige onderhoud met Karin Metz Donderdag om 10:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oom Ekonoom ·

Hierdie goeie reeks moet duideliker aan lesers blootgestel word. Ek dink Afriforum en Maroela kan help om minder ervare of nuwe entrepreneurs met ervare entrepreneurs skakel en so ons eie besigheidsafrigter / coaching netwerk begin. Sulke afrigters kan n baie belangrike rol speel in ons ontwikkeling want meeste suksesvolle entrepreneurs het n formele of informele rolmodel gehad. Dit hoef nie noodwendig formeel of betaald te wees nie en kan selfs virtueel wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.