Entrepreneurskap: Vervoer vir werkers is ʼn droom


skitterblink_1Jacques Basson gesels met die entrepreneur Iaan van Niekerk van Skitterblink-skoonmaakdienste. Die volledige onderhoud waar Iaan sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag om 10:00 gepubliseer.

As jou hulpbronne onbeperk was; wat sou jy onmiddellik in jou besigheid verbeter of verander?

Ons sou graag ʼn verandering wou teweegbring in die vervoerstelsel. Die rede hiervoor is tweërlei. Eerstens sukkel ons skoonmakers regtig om by ons besigheid uit te kom. Openbare vervoer is werklik haglik; ons kry al meer probleme met hulle bus- en treinvervoer. Tweedens is ons werk van só ʼn aard dat ons spanne na huise toe moet uitgaan. Ons voorsien ons toesighouers dus van ʼn voertuigloon. So, as ons onbeperkte hulpbronne gehad het, sou ek graag ʼn paar voertuie wou koop om ons toesighouers mee toe te rus om na die huise te kan gaan.

Luister na die volledige onderhoud met Iaan van Niekerk Donderdag om 10:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Dis ‘n mooi wens. In tussen kan jul dalk ‘n besigheidsvoertuig in werking stel en so jul spanne oplaai en aflaai?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.