Eric Clapton vang grootste somersalm in Ysland

Eric Clapton met die yslike salm (Foto: vatnsdalsa.is)

Eric Clapton met die yslike salm (Foto: vatnsdalsa.is)

Die veelbekroonde Britse musikant Eric Clapton se talente is beslis nie yl gesaai nie. Dié rocker het die afgelope week die grootste salm nóg gedurende die somerseisoen in die Vatnsdalsá-rivier in Ysland uitgetrek.

Dié salm was ʼn volle 108 cm lank en het 28 pond (12 kg) geweeg.

Sturla Birgisson, Clapton se gids, het aan die Ierse koerant Morgunblaðið vertel Clapton bring al ʼn geruime tyd in die viswaters deur waar hy ʼn kort vakansie geniet.

Clapton moes glo ʼn kilometer teen die rivier afloop voordat hy in staat was om die vis na die wal te bring.

Birgisson het gesê dit het net langer as ʼn halfuur geneem om die salm uit die water te kry.

Die Vatnsdalsá-rivier is een van Ysland se mees bekende en gewilde salmriviere. Hengelaars het reeds in 1936 salm uit die rivier begin vang.

Clapton sal egter maar die kole moet wegbêre. Die sogenaamde Fishing Association van die Vatnsdalsá-rivier het in 1997 ʼn vang-en-vrylaatbeleid op die salm ingestel.

Bron: Ice News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Denise ·

Fantasties geluk Eric dit is nou super cool !!!! Wonder net watse oulik liedjie jy vir so n bielie van n salm geneurie het!!!!!!!!!

Karma ·

Dit is nou die een ding wat wragtag nie vir my sin maak nie – daai wat die ouens URE langs die viswatertjies sit en visvang, net om die vis weer vry te laat. Dit is goed en wel as so ‘n uittog die een of ander wetenskaplike doel dien, bv. om aan te teken hoeveel van ‘n spesifieke vissoort is daar of om bv. unieke spesies te identifiseer of specimen vir teling in te samel, maar wat is die doel daarvan as jy nou daar langs die Vaalrivier sit en karp of baars – of watookal – vang en dit dan net vrylaat?

Kobus ·

Kom sit net daar saam, ervaar die natuur, die luggie deur die grasse, die sade in die wind, ‘n voël roep, die stroom vloei ondertoe oor klippe, kabbel, ‘n ewigheid, rustig, die skielike pluk aan die aas, jou spiere span, onmiddelik gereed, weg is dit, net vir ‘n oomblik, dan span die lyn, die hoek in die bek …..

Luister ·

Ja Karma…….wag maar vir die karma.
Dit is tog beter om nie ‘n ander lewe te neem nie, al is dit ‘n dier.

neelsie ·

Praat van wat’ sin’ maak in die lewe……miljoene sit daagliks en staar na die onsin wat opgedis word op tv
en dink dis om te ontspan….hoe verdwaal kan mens nie raak nie.!!
Gaan geniet die natuur , maak nie saak wat jy daar doen nie.

humor ·

Goed gese Kobus. Om die stad, beroepsdruk te ontvlug en psigies te genees is die viswaters n ideale plek. Nie almal beskik seker die gawe om een te word met die natuur nie en die atmosfeer en rustigheid daarvan in te drink nie en weer nuut te word nie.

Mr P ·

Hier by ons riviere eet die agtergeblewenis alles wat hulle in die hande kry. Het al gesien dat hulle n likkewaan doodslaan en op eet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.