Facebook-soektog begin vir meisie se ‘luiperd’

Luipie die luiperd

Foto: Facebook/Please help find “Luipie”.

Die sesjarige Zoë Terre Blanche van Pretoria het haar sagte speelding, Luipie, verloor met hul vakansie in die Wes-Kaap. Volgens haar pa, André, is Zoë (en haar ma, Lize) albei in trane. “Ou Luipie was haar vriend wanneer sy sleg voel of onseker en hartseer is. Toe sy ʼn bietjie kleiner was, het Luipie oral saam gegaan. Sy gaan nou graad een toe en baie onsekerhede wag dus vir haar.”

André het Luipie nog voor Zoë se geboorte in 2009 vir haar in Tsitsikamma gekoop tydens ʼn sakebesoek. ”Luipie was die eerste ding, buiten mamma, wat sy gesien het toe sy haar oë oopgemaak het.” Zoë is selfs in graad  R in die Luiperd-klas ingedeel, wat dié oorgangsfase sommer baie makliker gemaak het. “Dit was die einde van haar trane, want sy is in die Luipie-klas”.

Die gesin het op 2 Januarie by die Wagon Wheel Country Lodge in Beaufort-Wes oornag en van daar is hulle na Stilbaai en Jongensfontein.

André sê Zoë het self Luipie se naam gekies, maar sy het onlangs besluit Luipie is eintlik ʼn cheetah omdat hy strepe by sy oë het. Daarom is hy nou Luipie die cheetah.

Moontlike plekke waar Luipie kan wees, is:

  • Wagon Wheel Country Lodge in Beaufort-Wes
  • Ka’roo deli, Beaufort-Wes
  • Bordeaux-Restaurant, Beaufort-Wes
  • De Rust, Wes-Kaap
  • Die Garden Route Mall, George

Stuur gerus ʼn e-pos na André[email protected] as jy vir Luipie die cheetah gewaar of besoek die Facebook-blad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jacqueline ·

Zoe ek hoop van harte jy kry vir Luipie sommer vining…

charlene ·

Dankie Maroela nou sit en en tjank soos wat kan kom. Aaai my liefie ek hoop Luipie word sommer gou-gou gevind. ek is seker iemand mos hom gesien het
– My dogtertjie het `n padda (padda’tjie) en daai ding gaan ook oral.
Dis vir daai klein pop `n verstoosting (en nie altyd so maklik soos koop `n nuwe een wat die selfde lyk nie want sy sal weet dis nie Luipie nie.
Sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.