Finansiële beplanning op jou vingerpunte

Persoonlike-Finansies

Argieffoto.

Die finansiële beplanningsinstituut (FPI) van Suid-Afrika beskryf finansiële beplanning as “die proses om jou finansies te struktureer om jou lewensdoelwitte te bereik. Dit kan wissel van korttermyndoelwitte soos spaar om ʼn voertuig te koop tot langtermyndoelwitte soos aftreebeplanning. Die oogmerk van finansiële beplanning is om sekerheid, gemoedsrus en duidelikheid te kry ten opsigte van jou huidige sowel as toekomstige finansiële welsyn.”

Finansiële beplanning bestaan uit die volgende aspekte:

Risiko (lang- en korttermyn)

  1. Langtermyn
    • Boedelbeplanning (dood): Voorsiening vir boedelbelasting, boedellikiditeit, skulddelging en inkomste vir afhanklikes
    • Ongeskiktheid: Delging van skuld, voorsiening vir fondse vir lewenstylaanpassings en inkomste vir tydelike en permanente ongeskiktheid
    • Gevreesde siekte: Voorsiening vir lewenstylaanpassings en uitgawes nie deur ʼn mediese fonds gedek nie
  1. Korttermyn
    • Persoonlik: Dekking vir die struktuur van ʼn eiendom, die inhoud van ʼn eiendom asook voertuie
    • Kommersieel: Dekking vir sakeondernemings
  1. Gesondheidsorg
    • Mediese fonds vir dag-tot-dag-uitgawes en hospitalisering
    • Gapingdekking: Dekking vir die gaping wat ontstaan tussen wat jou mediese skema betaal en die tarief van private gesondheidsorg
  1. Aftrede: Beplanning vir aftrede en by aftrede.
  1. Belegggings: Kort-, medium- en langtermyn spaar en beleggings. Dit kan wees vir kinderopvoeding, deposito op ʼn voertuig of eiendom, ʼn oorsese reis ensovoorts. Beleggings het gewoonlik een van drie oogmerke: kapitaalgroei, kapitaalbewaring of inkomste.
  1. Sakeondernemings: Beplanning vir eienaars van sakeondernemings.

ʼn Goeie adviseur wat deeglike beplanning doen en nie net produkte verkoop nie kan van groot hulp wees vir ʼn kliënt en kan die verskil tussen finansiële sukses en mislukking maak.

  • Kry hier meer inligting oor die onderwerp in Wouter Snyman se gratis e-boekie Finansiële onafhanklikheid en die ‘Salomo-beginsel’.
  • Hierdie artikel is saamgestel met die hulp van attooh!. Kontak attooh! gerus met enige navrae oor jou persoonlike finansiële beplanning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.