Fnuik kuberkrakers met dié wenke

selfoongebruiker-in-restaurant

‘n Slimfoon kan deesdae jou lewe baie vergemaklik, maar daar is talle veiligheidsrisiko’s daaraan veronde (Argieffoto)

Die era van die internet het dit moontlik gemaak om in die gemak van jou huis sommer vinnig ʼn paar banksake af te handel, maar dié gemak kan talle risiko’s vir jou kuberveiligheid inhou aangesien misdadigers en kuberkrakers voortdurend wag om toe te slaan.

Internetgebruikers moet veral gesteld wees op hul digitale boodskappe en wat die uiteinde van gestoorde inligting, e-posse en app’s kan wees as misdadigers dit in die hande sou kry, sê Elmarie Twilley, woordvoerder van Virseker, die Afrikaanse versekeringsdienste-maatskappy.

Gaan só veiliger om met tegnologie:

  • Moenie sensitiewe inligting op jou foon of skootrekenaar berg nie. Vermy ook die neem van foto’s van dokumente wat sulke inligting bevat.
  • Moenie jou huisadres op jou GPS (globale posisioneringsstelsel) berg nie. Stoor dit eerder onder ʼn ander, minder voor die hand liggende naam, of sleutel eerder die adres van ʼn baken naby jou huis in.
  • Moet nooit jou hek- of alarmafstandbeheer, of jou huissleutels, in jou voertuig laat nie.
  • Maak seker dat jy goeie toegangbeheer deur middel van sterk wagwoorde het. Gebruik verskillende wagwoorde vir verskillende soorte rekeninge en nooit dieselfde een nie.
  • Moenie kies dat jou internetverkenner jou wagwoord onthou nie.
  • Moenie jou wagwoorde of PIN neerskryf nie, veral nie op ʼn stuk papier of in ʼn notaboek wat in dieselfde sak as jou foon of skootrekenaar is nie.
  • Teken uit wanneer jy jou toestelle en toepassings nie gebruik nie of sluit dit wanneer jy dit nie gebruik nie.
  • Moenie aanlyn inteken by ʼn plek of hutstekens gebruik wat misdadigers kan help om jou te identifiseer en jou ligging vas te stel nie. Vermy dit veral om by jou huisadres in te teken.
  • Moenie sommer vriendskap- of volgelingsaansoeke van enigiemand aanvaar nie.
  • Gebruik ʼn app wat jou in staat stel om persoonlike inligting selfs vanaf ʼn verafgeleë ligging uit te wis.
  • Indien jou foon of rekenaar gesteel word, verander dadelik jou wagwoorde om enige ongemagtigde toegang te vermy.

Vir meer inligting, besoek Virseker se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerhardus ·

Ten minste 3 van die wenke is onakuraat en sal het selfs die teenoorgestelde uitwerking om jou minder veilig te maak. Maar die 250 karakter limiet beteken ek kon nie volledige kommentaar lewer nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerhardus

Stuur gerus verdere inligting na [email protected]. Noem gerus dat jy spesifiek op hierdie artikel reageer.

Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.