Foto van ‘dankbare’ hond op ‘bevrydingsrit’ roer harte

Gregory en Joe Kirk

Gregory en sy redder, Joe Kirk. (Foto: Schenley Kirk/Facebook)

ʼn Foto van ʼn baie dankbare beagle-hond, Gregory, wat geskeduleer was om weggemaak te word by die Franklin County-hondeskuiling in Ohio in die VSA, roer harte wêreldwyd nadat hy op die nippertjie gered en na ʼn veilige hawe geneem is.

Volgens CBS News werk Gregory se redder, Joe Kirk, by die HOUND Rescue and Sanctuary-skuiling in Ohio, ʼn spesiale plek vir honde wat huise benodig. Wanneer die honde van skuilings soos Franklin County gered word, gaan hulle op “bevrydingsritte” na plekke soos die HOUND-skuiling. Hier word honde toegelaat om te leef sonder die bedreiging van genadedood totdat hulle aangeneem word.

Die foto wys hoe Gregory aanhoudend vir Kirk druk en sy kop liefderik op sy skouer laat rus tydens sy rit na die HOUND-skuiling.

“Die beste bevrydingsritfoto ooit!” het Kirk se vrou, Schenley Kirk, op Facebook by die foto geskryf. “Gregory is een dankbare beagle! Hy weet hy is veilig!” Die foto is reeds meer as 9 000 keer gedeel en byna 10 000 mense het daarop reageer.

Volgens Schenley se plasing het Gregory ʼn hartwurm, maar sal beskikbaar wees vir aanneming sodra die veearts die groen lig gee.

“Hy weet hy is in goeie hande!” het sy geskryf. “Ons sal hom gesond maak en al die liefde wat hy verdien en ʼn goeie toekoms gee. Wat ʼn fantastiese foto van Gregory en my man op pad huis toe van die skuiling af. Dit maak alles die moeite werd. Dit is hoekom ons diere red!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

E.B.Z. ·

Skoon hartseer nou – wens al die honde & katte hoefnie uitgesit te wordnie! As dit maar net meer bekostigbaar was vir mense om hul diere te steriliseer, dan was daar nie so groot probleem met diere watnie huise hetnie.

Nettie ·

@E.B.Z. – as meer mense net besef dat ‘n dier ‘n verantwoordelikheid is, net soos ‘n kind sou wees. Jou kind het kos, klere, behuising, liefde, aandag, mediese sorg, inspuitings en wat alles nog nodig – ‘n dier wat jy aanhou, OOK.

Diere wat nie gesteriliseer word nie, en ‘agterplaas-telers’ dra bitter baie tot die probleem van massas en massas onwelkome diere by. Dink eers voor jy ‘n troeteldier kry – kan jy daardie dier vir ten minste die volgende 10 jaar kos gee, behuising en aandag gee, veearts toe neem vir inspuitings/siektes/beserings? Gaan jy toelaat dat daardie hond of kat elke jaar kleintjies kry of gaan jy die geld uithaal vir ‘n sterilisasie of kastrasie?

As jou antwoord ‘nee’ is op enige een van die bogenoemde vrae: moet dan nie ‘n dier kry nie.

M ·

Stem! so ‘n mooi foto. Wens ek kon my kat vir nog langer hou.

Elvira ·

Eks skoon bewoe en ontsettend dankbaar dat hierdie vierpoot kind gered is. Prys ons Heer.

Landi ·

HOE GOUER DIE WêRELD EN SY MENSE BEGIN OPSTAAN TEEN TELERS VAN DIERE, (VERAL HONDE, KATTE EN VOëLS) SAL SANCTUARIES ALTYD OORVOL WEES. Asb mense ons het n mooi slagspreek “DONT SHOP…PLEASE ADOPT” . En telers moet gestop word ASB ASB

Wonder ·

Dit is so lekker om iets positief te lees. Dankie Vader vir omgee mense.

Hanlie ·

Ek het my Tammy hond (opregte Rotweiler) ook so op die nippertjie “gered” – letterlik minute voor sy uitgesit sou word. Sy was vir 11 jaar lank my metgesel….sy het orals saam met my gegaan. Ons was vir 5 jaar in Namibie vir my man se werk – sy is saam soontoe en het saam teruggekom. Die dag toe sy in haar slaap van ouderdom dood is het my wereld baie armer geraak…..

christa ·

so dankbaar dat daar nog mense is wat dierekinders ‘n veilige hawe bied. Net die beste vir die hondekind.

Tokkolos ·

Dit is nog die mooiste mens en dier foto wat ek al ooit in my lewe gesien het So groot dankie aan al die plekke wat altyd plek vir nog n 4 pote kind het En special dankie aan ons wollies hier in pta noord Wens ek kon ook n drukkie hier vir albei gee Dierbaaaaaaaaar

jean ·

Ag, en so sorg die Liewen Heer ook vir Sy skepping…een, een op ‘n keer………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.