[Foto’s] 8 wenke vir ’n piepklein woonstel

Meer-spasie

Foto: realsimple.com

1-Gebruik ligte kleure vir die muur en vloer. Ligter skakerings kan ʼn klein vertrek groter laat vertoon. Gordyne met vertikale strepe sal ʼn lae plafon ook hoër laat lyk.

2-Hang ʼn spieël oorkant ʼn venster – dit sal die lig deur die hele vertrek versprei. Hoe groter die spieël, hoe beter.

3-Hang ʼn paar rakke teen die muur (sogenaamde floating shelves). Dit bied jou meer stoorplek sonder om jou kosbare ruimte daarvoor af te staan.

4-Benut hoeke in die vertrek. Dis ʼn lekker plek om nog ʼn stoel te sit of selfs ʼn boekrak vir ʼn knus leeshoekie.

5-Kies gordyne met dieselfde kleur as die mure – dit laat die vertrek groter vertoon.

6-ʼn Deursigtige tafel is ʼn beter opsie as ʼn houttafel – wat die min ruimte nog kleiner kan laat lyk.

7-ʼn Plant of twee sal ook ʼn snoesige atmosfeer skep en die vertrek ligter laat vertoon. As jy nie plek op die grond het nie – kry ʼn plant wat van die plafon kan hang.

8-Moenie jou meubels teenaan die mure skuif nie – ʼn paar sentimeter van die muur af sal die vertek meer “oop” laat lyk.

Besoek gerus Real Simple vir nog wenke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.