[Foto’s] Arnold Classics moet inspireer, sê Schwarzenegger

Die Arnold Classics 2016 (Foto: Reint Dykema)

Die Arnold Classics 2016 (Foto: Reint Dykema)

Die Arnold Classics, ʼn inisiatief deur Arnold Schwarzenegger om fiksheid, liggaamsbou en sport te bevorder, het die naweek by die Sandton-konfensiesentrum in Johannesburg plaasgevind, en dié gewilde akteur en fiksheidsghoeroe was ook teenwoordig.

Die Arnold Classics, wat na Schwarzenegger vernoem is, is ’n jaarlikse multisport-gebeurtenis ter viering van al die verskillende soorte sporte. Meer as 47 verskillende sportsoorte is ten toon gestel, onder meer akrobatiese gimnastiek, boogskiet, pluimbal, vlugbal en stoei.

Die ekspo was vanjaar ʼn samekoms van toegewyde fiksheidsentoesiaste, maar ook ʼn geleentheid vir uitstallers om produkte te vertoon.

“Ek is baie passievol oor die bevordering van liggaamsbou, gesondheid, sport en fiksheid, en dit is die rede waarom ons byna 30 jaar gelede met die Arnold Classics in Amerika begin het,” het Schwarzenegger op sy Facebook-blad gesê.

Hy hou egter sy kop omhoog ná sy nederlaag teen die sewejarige Kiera Bester – ʼn jong skaakspeler.

“Dit maak nie saak of dit skaak is, die maak van flieks of liggaamsbou nie, ek wil graag kinders inspireer,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leonard van der Dussen ·

Die Spanskaak (Team Chess) (heelwat van die foto’s hierbo) is ‘n inisatief vanuit Laerskool Raslouw in Centurion. Die borde en toerusting is deur Laerskool Raslouw geleen en vir die toernooi opgestel.

Afrikaner-inisiatief vanuit ‘n Christelik-Afrikaanse privaatskool.

Die foto regs onder in die versameling hierbo wys Andries Buys (mnr Andries soos die leerlinge hom ken), wat die konsep begin het, besig om vir die toernooiborg te verduidelik hoe spanskaak gespeel word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.