[Foto’s] Bekendes deel skattige skoolfoto’s

Die akteur Ivan Botha en sy dogtertjie. Foto: Instagram via Ivan Botha

Die akteur Ivan Botha en sy dogtertjie. Foto: Instagram via Ivan Botha

Talle bekendes het foto’s op sosiale media gedeel van hul jongspan wat gister die nuwe skooljaar aangepak het. Bekendes sonder kinders het ook hul eerste skoolfoto’s met aanhangers op sosiale media gedeel.

Skole het behoorlik gister gewemel toe verskeie graad 1’s hul skoolloopbaan begin het.

“Ek kan dit nie glo nie. Vandag begin die skool al weer. Baie sterkte aan almal en mag dit ʼn wonderlike dag wees,” is die sanger Willem Botha se boodskap op Instagram. Hy het ook ʼn foto van hom as graad 1-leerder gedeel.

Bekende pappas het ook emosioneel geraak. “Graad 1. Ek kan nie glo my prinses is al daar nie. Trotse hartseer hart vandag. Ek is dankbaar vir so ʼn blessing,” het die akteur Ivan Botha op Instagram by ʼn foto van sy dogter geskryf.

Kyk ook na foto’s van Minki van der Westhuizen, Cindy Nel en Rob van Vuuren.

Lees Maroela Media se berig oor graad 1’s wat terug skool toe gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.