[Foto’s] Blomseisoen: Namakwaland spog met 3 500 spesies

Blomseisoen in Namakwaland (Foto: Mike Spies)

Blomseisoen in Namakwaland (Foto: Mike Spies)

Die blomseisoen is hier vir gebiede soos Namakwaland en die Weskus, en dié seisoen sorg jaarliks vir duisende besoekers wat optrek om na meer as 3 500 blomspesies te gaan kyk.

Mike Spies, eienaar en bestuurder van Namakwa Toere, sê dié verskeidenheid blomme is ʼn groot trekpleister vir plaaslike inwoners en toeriste.

“Almal van hulle blom nie op dieselfde tyd nie, maar van Augustus tot middel September is jy gewaarborg om pragtige blomme raak te loop, veral as jy by die plaaslike inwoners kan uitvind waar hulle die beste blom,” het Spies vertel.

Hy sê ook dit is belangrik om ’n paar faktore in ag te neem wanneer jy blomme wil gaan kyk. “Die blomme verskil elke liewe jaar en selfs ook weekliks gedurende die seisoen. Maak weereens seker waar die beste blomtonele tans is. Dit is belangrik om te weet dat die beste tonele nie altyd by die gewildste bestemmings is nie.”

Blomseisoen in Namakwaland (Foto: Mike Spies)

Blomseisoen in Namakwaland (Foto: Mike Spies)

Blomseisoen sorg egter ook dikwels vir nat weer omdat dit ook reënseisoen is. “Onthou sommer om die weerburo dop te hou, sodat jy nie teleurgestel word nie. Klim ook uit jou motor – gaan stap in die veld rond en let bietjie op hoeveel verskillende blomme groei net daar waar jy loop. Die meeste mense besoek Namakwaland hierdie tyd van die jaar net vir die plate blomme, maar die verskeidenheid slaan jou dikwels stom. Ons blomme het alle kleure en vorms waaraan jy kan dink.”

Volgens Spies is dit ook belangrik om van noord na suid te ry tydens jou besoek. Só sien jy die blomme beter as andersom. “Indien jy in ’n noordelike rigting ry, maak dus seker jy mis nie die beste blomme nie. Hou tog jou oë op die pad, maar stel iemand in die motor aan om dikwels om te kyk,” het hy bygevoeg.

Jy kan ook kaartjies vir vanjaar se Madeliefie Makietie-fees wen deur jou beste blommefoto’s op dié fees se Facebook-blad te deel.

Besoek ook die Madeliefie Makietie se Facebook-blad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

dr. Sakkie van der Merwe ·

Blomme was pragtig die jaar maar die afgelope 10dae se buitengewone hitte is besig om sy tol te eis, veral in die Vanrhynsdorp omgewing. Nieuwoudtville se blomme lyk nog goed. Mense kan wel tyd neem om te stop en die kleiner vetplant spesies te bekyk in die knersvlakte omgewing.

Georgie ·

Lieflik en kosbaar! Was nog nooit daar nie maar dis op my bucket list xx

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.