[Foto’s] Elizma Theron deel oulike gesinsfoto’s

Nico Grobbelaar NJ. Foto: Vanessa Kruger/ VK Photography via Facebook

Nico Grobbelaar NJ. Foto: Vanessa Kruger/ VK Fotografie via Facebook

Die sangeres Elizma Theron het Donderdag skattige gesinsfoto’s op haar Facebook-blad gedeel. Dit is die eerste foto’s waar die hele gesin saam met hul jongste seuntjie, NJ, wat net ʼn raps ouer as ʼn maand is, verskyn.

Elizma het vroeër in Maart op haar Facebook-blad geskryf die mannetjie het vroeg besluit om sy verskyning te maak en dat aanhangers vir sy gesondheid moet bid.

“Hoe is daar steeds mense wat nie glo in ons Skepper nie? Dankie, Here Jesus, vir nog ’n wonderwerk uit u groot hand,” het sy op Facebook geskryf.

NJ het intussen aangesterk en by die gesin aangesluit nadat hy by die waakeenheid ontslaan is.

Sy het verlede maand op haar Facebook-blad geskryf die knapie het reeds die hele familie se harte gesteel. “Sy sussie is sy heldin. Ons waardeer al julle liefde wat julle vir ons gee.”

Die sanger het ook aangekondig dat 4werke, die musiekgroep waarin sy saam met Nicholis Louw en Ray Dylan is, hulle nuutste enkelsnit, “Jy span die wind in my seile”, vrygestel het. Aanhangers kan ook dié album, 4Warm, op iTunes en in musiekwinkels landwyd koop.

Die gesinsfoto’s is geneem deur Vanessa Kruger van VK Fotografie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gesiggie ·

Elizma, ek is so baie bly vir jou en jou Man, vir die Wonderwerktjie in jul lewe… en dat God die Mannetjie in Sy hand toegevou het…Jy is n pragtigge en wonderlikke mens… en verdien net die beste….Baie mooi gesin foto’s… Hou aan met 4 Werke… jul Rock almal saam…

Anie ·

Té pragtige liefiekinders! Mag jul lewenslank gelukkig wees…

Ansie Geldenhuys ·

Baie geluk Elizma en gesin, hoop hy sorg vir baie lewensvreugde.

Geniet hom, die lewe is soms kort.

Ons pragtige kleinseun op 19 jaar aan hartaanval oorlede. Sterkte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.