[Foto’s] Flooze se Braambossie en sy nuwe kleinsus

Sorina-die-Flooze

Sorina Erasmus, ook bekend as Die Flooze. Foto: Sorina Erasmus via Facebook

Die aktrise en sangeres Sorina Erasmus, ook bekend as Die Flooze, het Maandag oulike foto’s van haar kinders op Facebook gedeel.

“My krullekop-kaalvoetkind en poppeloppie prinsessie. Braambossie is mal oor sy sussie en wil haar net die heeltyd vashou,” het Sorina op haar blad geskryf.

Miana is op 16 Maart gebore. Sy is vernoem na Sorina se ma, Mariana Elizabeth. Sorina en haar man, Braam Riekert, se eersteling is na sy pa vernoem en het die troetelnaampie Braambossie. Braam is in April 2014 gebore.

Die foto’s is deur Shalane-Mare Newborn & Child Photographer geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lenice ·

Hulle is te pragtig! baie dankie dat jul die fotos met ons deel. Baie geluk Sorina en Braam met jul pragtige kinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.