[Foto’s] Goue medalje vir SA by Chelsea-blommeskou

Kirstenbosch Botaniese Tuin sy uitstalling by die Chelsea-blommeskou. Foto: Facebook via Kirstenbosch

Kirstenbosch Botaniese Tuin sy uitstalling by die Chelsea-blommeskou. Foto: Facebook via Kirstenbosch

Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad het vandeesweek ʼn goue medalje gewen vir sy uitstalling by die wêreldbekende Chelsea-blommeskou in Londen.

Dié blommeskou word vanjaar tussen 24 en 28 Mei gehou.

Die Chelsea-blommeskou word jaarliks sedert 1913 op die terrein van die Royal Hospital Chelsea in Londen gehou. Dié geleentheid het slegs gedurende die twee Wêreldoorloë in die slag gebly. Hoewel dit steeds die mees gesogte blommeskou is, is dit onlangs deur die RHS Hampton Court Palace-blommeskou onttroon as die grootste blommeskou.

Die Kirstenbosch Botaniese Tuin is geleë aan die oostelike hange van Tafelberg, en internasionaal bekend as een van die sewe mooiste botaniese tuine in die wêreld. Dit is ook een van Kaapstad se sewe grootste toerisme-aantreklikhede.

Dié geleentheid is jaarliks ʼn groot trekpleister vir bekendes. Dit is vanjaar bygewoon deur koningin Elizabeth, sowel as prins William en prinses Kate. Ander koninklikes sluit in prinses Eugenie, prinses Beatrice en prins Harry.

Besoek die Chelsea-blommeskou se webwerf, asook Kirstenbosch Botaniese Tuin se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

johann cb ·

Welgedaan aan almal wat ons naam hoog hou in die Buiteland op hierdie wyse. Daar gebeur darem nog positiewe dinge met ons. Sterkte vorentoe!

Leon ·

Veels geluk met hierdie puik prestasie! Suid-Afrika smag na positiewe nuus en vooruitgang!

Ansie Geldenhuys ·

Om hierdie positiewe ervaring van die natuur se mooistes te aanskou, is nog op my moet doen lysie. Pragtig en baie geluk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.