Foto’s opgeveil vir droogtehulp

Foto: Riaan Roux

Foto: Riaan Roux

Foto’s van die droogte waaronder Suid-Afrika tans gebuk gaan, gaan tydens ʼn spesiale geleentheid opgeveil word om die landbou-organisasie TLU SA se droogtefonds te ondersteun.

Vier fotograwe, onder wie Reint Dykema, Riaan Roux, Willem de Lange en Hendrik van der Merwe, het foto’s van droogtegeteisterde gebiede soos Noordwes, Wes-Vrystaat en die Oos-Vrystaat geneem tydens verskeie reistogte.

“Ek het die naweek deur die Oos-Vrystaat gery en foto’s geneem vir die projek. Die eerste reëns het geval en die gras het so ’n groen kleur. Die ouer boere het egter altyd gesê dit reën nie gras nie. Dus, heelwat opvolgreën is nodig vir die gras om te groei,” het Reint gesê.

Dié foto’s gaan opgeveil word om TLU SA (Transvaalse Landbou-unie) se droogtefonds te ondersteun. “Dit is om ons medelandsburgers bewus te maak van wat aan die gang is. ʼn Droogte soos hierdie een kan omvangryke nagevolge vir Suid-Afrikaners hê. ʼn Foto van leë, vaal landerye weerspieël in werklikheid leë winkelrakke.”

Die veiling word 28 Januarie gehou by die Atterbury Teater in Pretoria en begin om 11:00. Jy kan jou bywoning bevestig deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected].

Kyk hier na die fotokatalogus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anet ·

Kan hulle nie vir ons almanake maak wat die mense kan koop ook van die foto’s nie. Ek as boervrou in Noord-Wes sal beslis een koop. Dit reen die afgelope week by ons en na die hitte en droogte voel mens net Dankbaar en wil ook bydrae vir die mense wat nog swaar kry weens die droogte en ek wil vra asb mense moenie dat ons weer ‘n jaar wag voor ons ons mede boere help mie kom ons hou boek van waar dit droog is en waar hulp nodig is dat ons kan help. DANKIE AAN ONS HEMELSE VADER VIR DIE REËN.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.