[Foto’s] SA’nertjie is Jong Mej. Heelal

Zenande Mncwabe in haar tradisionele uitrusting. Foto: Facebook via Zenande Mncwabe

Zenande Mncwabe in haar tradisionele uitrusting. Foto: Facebook via Zenande Mncwabe

Zenande Mncwabe (7) van Empangeni in KwaZulu-Natal is die afgelope week tydens ʼn glansgeleentheid in Turkye, gekroon as Jong Mej. Heelal.

Sy het reeds nege titels agter haar naam, waaronder Jong Mej. Wêreld, Jong Mej. Suid-Afrika en Jong Mej. Toerisme.

Die Jong Mej. Heelal-kompetisie duur tien dae en behels ʼn reeks onderhoude, ʼn talentkompetisie en loopplankparade met verskillende uitrustings.

Sy het ook die “Beste van die beste”-kategorie gewen vir haar gimnastiek-optrede in die talentkompetisie.

Sy het aan SABC News vertel dié oorwinning in Turkye was ʼn verrassing.

“Ek het nooit gedink hulle gaan my naam roep nie,” het sy gesê. “Ek is baie dankbaar en dit was groot pret. Ons moes vir tien dae daar bly en het baie fotosessies bygewoon. Ek het my roetine gevolg en dink dit het baie goed afgeloop.”

Sy doen al modelwerk sedert sy vyf jaar oud was.

Besoek Zenande se Facebook-blad.

Bron: SABC News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gesiggie ·

Voorwaar n kind om op baie Trots te wees, Well Done Zenande, watch out SA Hier kom ons volgende Miss SA… Baie geluk aan haar ouers.. sy is n regte Lady”’

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.