Foto’s: SANW vier jaarlikse gewapende magte-dag 

(Foto: Karin Venter)

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week gesê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is ʼn simbool van die land se trots en nasionale eenheid.

Die president het Vrydag in Polokwane, Limpopo, ʼn toespraak gelewer by die ʼn viering van die jaarlikse dag vir die gewapende magte.

By dié geleentheid gedenk die SANW jaarliks die 600 mense wat in 1917 gesterf het toe die SS Mendi in die Eerste Wêreldoorlog gesink het.

Sowat 6 000 SANW-lede het van so ver as Bloemfontein, Kimberley en Pretoria na Polokwane gereis vir die magsvertoon wat van 14 tot 19 Februarie geduur het.

Inwoners en leerders van verskeie skole in dié dorp het Vrydag vroegoggend langs Suidstraat saamgekom om ʼn blik te kry op die lede van die weermag, vloot, lugmag en die Suid-Afrikaanse mediese dienste.

Die week se aktiwiteite bestaan uit ʼn uitstalling van militêre toerusting, ʼn loopbaanuitstalling vir voornemende rekrute, sportbyeenkomste en selfs ʼn pretdraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jan ·

Het enigiemand n idee wat die weeklange uitstappie van 6000 + jaarliks kos?

Niklaas ·

Daar is talle items wat padvaardig lyk en dit verbyster my. Ek sal ook graag wou weet hoeveel hierdie petalje gekos het.

Piet parys ·

WIE WIL HULLE PROBEER BEINDRUK . TEEN WIE WIL HULLE OORLOG MAAK . DIE GRENSE IS OOPGEGOOI . Plaas laat hulle die klomp 6000 leegleers in die weermag nuttig aanwend soos om die vaalrivier skoon te maak . DAAR WAS N WEERMAG EN DIT WAS DIE S A W

Leon ·

Ek sien die Mfezi ambulanse is so stukkend dit moet op ‘n vragmotor vervoer word. Dit is nou werklik ‘n sirkus.

Marina ·

Sjoe mense, soveel veralgemenings het ek in my lewe nog nooit gesien nie. Ons het 2 jaar gelede na die “armed forces day” in ons dorp gaan kyk en dit was ‘n belewenis. Hoendervleis oomblikke was aan die orde van die dag en ons het elke dag daarna gaan kyk. Dis presies hier waar my dogter besef het dat daar soveel fasette aan die weermag is waarvan ons onbewus was. Die gedagte dat die weermag moontlik vir haar ‘n loopbaan kan word het daar vlam gevat. Sy is nou op haar 2de jaar diensplig en geniet elke oomblik. En ja die blankes is in die mindere, maar die vriendskappe wat sy daar gesmee het met ander rasse gee my hoop vir ons land. Sy het hard gewerk tot nou toe, hulle opleiding was taai, maar ek is ongelooflik trots op haar. Kom ons hou op om te veralgemeen, indien ‘n persoon jou sleg behandel, of jy ontevrede is oor iets, noem die persoon se naam, hou op met die “weermag is so en die weermag is sus” “die polisie is useless”. Die mag van verandering le in elkeen van ons!

Andréas ·

As oud soldaat ‘n teer herinnering aan vervloë dae. Daar is wel darem “wit” gesigte tussen almal deel van dié parade. Die uitrusting lyk egter goed. Onthou die SANW kry min begroting. Enkele oefeninge soos die steeds nodig. Stem, hul kan aangewend word vir nasionale take wat darem nie “eer” ontneem nie. Grensbeveiliging en gebiedsbeskerming ‘n “moet”!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.