Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week gesê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is ʼn simbool van die land se trots en nasionale eenheid.
Die president het Vrydag in Polokwane, Limpopo, ʼn toespraak gelewer by die ʼn viering van die jaarlikse dag vir die gewapende magte.
By dié geleentheid gedenk die SANW jaarliks die 600 mense wat in 1917 gesterf het toe die SS Mendi in die Eerste Wêreldoorlog gesink het.
Sowat 6 000 SANW-lede het van so ver as Bloemfontein, Kimberley en Pretoria na Polokwane gereis vir die magsvertoon wat van 14 tot 19 Februarie geduur het.
Inwoners en leerders van verskeie skole in dié dorp het Vrydag vroegoggend langs Suidstraat saamgekom om ʼn blik te kry op die lede van die weermag, vloot, lugmag en die Suid-Afrikaanse mediese dienste.
Die week se aktiwiteite bestaan uit ʼn uitstalling van militêre toerusting, ʼn loopbaanuitstalling vir voornemende rekrute, sportbyeenkomste en selfs ʼn pretdraf.
- (Foto: Karin Venter)
- (Foto: Karin Venter)
- (Foto: Karin Venter)
- (Foto: Karin Venter)
- (Foto: Karin Venter)
- (Foto: Karin Venter)
- (Foto: Karin Venter)
- (Foto: Karin Venter)
- (Foto: Karin Venter)
- (Foto: Karin Venter)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Mmmmm geen wit gesigte nie…wat n funny farm
Het enigiemand n idee wat die weeklange uitstappie van 6000 + jaarliks kos?
R90 miljoen bestee om ‘n sirkus deur die dorp te neem .
Daar is talle items wat padvaardig lyk en dit verbyster my. Ek sal ook graag wou weet hoeveel hierdie petalje gekos het.
WIE WIL HULLE PROBEER BEINDRUK . TEEN WIE WIL HULLE OORLOG MAAK . DIE GRENSE IS OOPGEGOOI . Plaas laat hulle die klomp 6000 leegleers in die weermag nuttig aanwend soos om die vaalrivier skoon te maak . DAAR WAS N WEERMAG EN DIT WAS DIE S A W