Foto’s: Skynoorlog van die Slag van Majuba

Foto: Chrizelle Coleman

Foto: Chrizelle Coleman

Mense dwars oor Suid-Afrika het die afgelope naweek bymekaargekom om die Slag van Majuba te herdenk.

Meer as 40 mense het in Volksrust, Mpumalanga, deelgeneem aan ʼn skynoorlog gebaseer op die gebeure van die Slag van Majuba terwyl talle mense toegekyk het.

Tydens die Slag van Majuba wou genl. Colley van die Britse magte glo die Boere onkant betrap met sy aanval, maar nadat die Boere die Britse soldate op die berg gewaar het, het hulle eerste aangeval. Hoewel die geveg van korte duur was, was dit ʼn groot nederlaag vir die Britte, en net so ʼn groot oorwinning vir die Boere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik ·

Dit was ‘n ongelooflike naweek. Kom gerus volgende jaar die laaste naweek van Februarie en geniet dit saam met ons. Die kinders geniet dit geweldig. Hulle het ge-kleilat, skyfskiet, boeresport, sweep geslaan, berg geklim, perd gery en mini kantus. Kyk gerus op http://www.majubafees.co.za

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.