[Foto’s] Só lyk die Mej. SA-finaliste

Kayla Malherbe (Foto: Twitter)

Kayla Malherbe (Foto: Twitter)

Die name van die 26 semi-finaliste, wat binnekort om die Mej. SA-kroon gaan meeding, is Donderdag vir die eerste keer bekend gemaak.

Inskrywings vir dié kompetisie het in Julie vanjaar geopen.

Sun International, die organisasie wat die kompetisie aanbied, het in Julie gesê vanjaar se kroondraer gaan ʼn allemintige R1 miljoen-kontantprys ontvang by die kroningsgeleentheid by Sun City in Maart 2017.

Benewens dié prys, wen sy ook ʼn nuwe motor, ʼn oorsese vakansie en ander pryse van meer as R2 miljoen.

Die huidige Mej. SA, Ntandoyenkosi Kunene, gaan by dié geleentheid die kroon oorhandig.

Claudia Henkel, voormalige Mej. SA en mediabestuurder van Sun International, het gesê dié kompetisie ploeg terug in die lewe van vroue en probeer ook hul lewens verander. “Die kontantprys sal die wenner se lewe vir altyd verander en haar in staat stel om enigiets te bereik wat sy in haar lewe wou doen. Ons wil die beste persoon vir dié belangrike rol lok,” het sy gesê.

Die kompetisie gaan allermins nét oor skoonheid en deelnemers moet telkens verskeie projekte takel wat in gemeenskappe terugploeg as deel van hul mededinging vir die kroon.

Vir meer inligting, besoek die Mej. SA-webwerf.

Tshegofatso Monggae (Foto: Twitter)

Tshegofatso Monggae (Foto: Twitter)

Shenai Bridglall (Foto: Twitter)

Shenai Bridglall (Foto: Twitter)

Shelbe Pretorius (Foto: Twitter)

Shelbe Pretorius (Foto: Twitter)

Shané Naidoo (Foto: Twitter)

Shané Naidoo (Foto: Twitter)

Saskia Wagner (Foto: Twitter)

Saskia Wagner (Foto: Twitter)

Priyeshka Lutchman (Foto: Twitter)

Priyeshka Lutchman (Foto: Twitter)

Shae De Le Cruz (Foto: Twitter)

Shae De Le Cruz (Foto: Twitter)

Odirile Sepeng (Foto: Twitter)

Odirile Sepeng (Foto: Twitter)

Ntombikayise Msimango (Foto: Twitter)

Ntombikayise Msimango (Foto: Twitter)

Nompumelelo Mampholo (Foto: Twitter)

Nompumelelo Mampholo (Foto: Twitter)

Nicole van Niekerk (Foto: Twitter)

Nicole van Niekerk (Foto: Twitter)

Milanie Cilliers (Foto: Twitter)

Milanie Cilliers (Foto: Twitter)

Michelle Kruger (Foto: Twitter)

Michelle Kruger (Foto: Twitter)

Lou-Marie Taljaard (Foto: Twitter)

Lou-Marie Taljaard (Foto: Twitter)

Keipeile Dintoe (Foto: Twitter)

Keipeile Dintoe (Foto: Twitter)

Kayla Malherbe (Foto: Twitter)

Kayla Malherbe (Foto: Twitter)

Jessica Tovey (Foto: Twitter)

Jessica Tovey (Foto: Twitter)

Iman Mkwanazi (Foto: Twitter)

Iman Mkwanazi (Foto: Twitter)

Devoney Crossman (Foto: Twitter)

Devoney Crossman (Foto: Twitter)

Demi-Leigh Nel-Peters (Foto: Twitter)

Demi-Leigh Nel-Peters (Foto: Twitter)

Chante Holloway (Foto: Twitter)

Chante Holloway (Foto: Twitter)

Callie-Jo Bouman (Foto: Twitter)

Callie-Jo Bouman (Foto: Twitter)

Boipelo Mabe (Foto: Twitter)

Boipelo Mabe (Foto: Twitter)

Ade van Heerden (Foto: Twitter)

Ade van Heerden (Foto: Twitter)

Zozibini Tunzi (Foto: Twitter)

Zozibini Tunzi (Foto: Twitter)

Yuta Raubenheimer (Foto: Twitter)

Yuta Raubenheimer (Foto: Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Willem ·

Dis nou als goed en wel maar die kompetisie het laaaaaaaaaankal sy sprankel verloor. Die laaste paar jaar se produksies was teleurstellend….ieder geval geluk aan die finaliste wat deelneem. Sun International sit asb tog net die glitz en die glam trug in die produksie asb!!!

E.K. (vra net) ·

Hoekom word party se..er… bates so oorbeklemtoon dmv klere, grimering (photoshop?) en vorentoe druk??

Lynette Hugo ·

Ja nee kyk die wat so half kaal is sal defnitief nie van my af n ja stem kry nie, hulle lyk goedkoop en belaglik.

shirley ·

Ek moet saam Herman stem. Gewoonlik as vroue ( meeste v d vroue) iets van iemand se wat ni mooi is ni maar wel is, is dit net jaloesie wat praat niks anders. Dink al di meisies is beeldskoon gaan n moeilike besluit wees.

Elizabeth ·

Sonder om jaloers te klink is daar in my oë slegs een wat n moontlike potensiaal het.
Waar en hoe en deur wie word die sg “skoonhede” gekeur want wraggies ons mej SA talent is niks om oor te spog nie.

Rinda Kotze ·

Sjoe ek stem saam oor die klere…….dit lyk darem nie goed nie!

TM ·

Nie die beste foto’s nie. Gelukkig het hulle natuurlike skoonheid, maar die uitrustings doen dit nie vir hulle nie.

Eilnah ·

Ag nee regtig Josie………… dis snert wat jy kwyt raak. Pragtige meisies. Sterkte met die beoordeling.

Carel ·

Mans hierbo is almal positief, vrouens hierbo almal negatief. Ek hoop die beoordeelaars is almal mans.

Brenda ·

Ek is ‘n vrou, maar ek stem saam met jou Carel; en die dames is almal ewe pragtig. ‘n Mooi Engelse spreekwoord: if you’ve got it, flaunt it.
Sterkte aan die beoordelaars. Ongelukkig is daar net een wenner, maar almal is pragtig. Sterkte aan die deelnemers ook.

Joey ·

Pragtige meisies. Gaan moeilike keuse wees. Almal verdien om finaliste te wees. …Hulle dra swemklere vir die wat wonder oor die bates. Sterkte aan finaliste en die wat moet beoordeel.

Frans C ·

In ‘n ligter luim -toe ‘n jongman gevra word om sy nuwe meise te beskryf-beskryf hy haar as ‘vooruit strewend, ingetoë en agterbaks’.

Cornelia ·

Yuta Raubenheimer jy is pragtig.
Hou styf duimvas vir jou!

Marianne ·

Wie keur die finaliste????
Is ek old school of lyk AL hierdie meisie asof hulle gespray is en dieselfde lyk? Hulle kon sussie of niggies gewees het.
Is daar ‘n sterio tipe waarna model agentskapoe soek???
Lank – slank – skandelik – skaamteloos.
Waar is die mooi meisies? Die eie ek meisies?

Marina ·

omtrent almal donkerkoppe met lang hare. Julle ek is nie jaloers nie maar daar is nou regtig nie een wat vir my uitstaan nie … hmm wel iets anders wat amper uithang lol.

Herman ·

As ek so deur die kommentaar lees besef ek weer eens, vriendin van my was eendag reg. “woman are a woman’s worst enemy.” Hulle is almal beeldskoon en net omdat hulle nie in jou waarde systeem pas nie, neem dit niks weg van die mooi mense nie. Dit is die wereld se ondergang ons is tog so lief vir klippe gooi. Probeer iets mooi se van ander dit mag jou ook dalk mooi laat voel…..

Sirkus ·

Ag nee REGTIG????? EK sien GEEN potensiële “Mej SA” tussen hulle nie…

Sirkus ·

Herman… Ek self is ‘n mooi vrou, maar het ook ‘n gesonde oordeel en ‘n oog vir ‘n werklike mooi vrou! Geen jaloesie is betrokke nie, ek is daai tipe Vrou wat vir my Man ‘n mooi, aantreklike vrou sal uitwys en bewonder! Party van ons het nie nodig om half-geklee rond te loop om “raakgesien” te word nie, dis so eenvoudig…

E.K. (vra net) ·

“Beauty is in the eye of the beholder” seg die Ingelsman, so elkeen dink anders oor wie of wat mooi is. Ek dink nie vrouens wat kommentaar lewer is noodwendig jaloers en/of negatief nie, ons weet mos darem self wie en wat is mooi, so bedaar tog almal wat nou weer hier afgaan oor kommentare. Dis mos maar elkeen se goeie reg om te sê wat hy/sy dink solank mens nie neerhalend is en voldoen aan Maroela se dinge. Ek sê weer die bates word net snaaks beklemtoon en ek sou vies wees as ek die meisies was as myne soos balle lyk omdat die fotograaf nou seker weer dink dis mooi of iets.

Riëtte ·

En soms is “Beauty in the eye of the beer-holder” @E.K. (vra net)…hahaha

Mafoeta ·

Die meisies is pragtig!
Keuse: : Lê tussen: . Keipelle,
Demi-Leigh, Nompumelelo en Saskia

Marietjie ·

O my genade, dis gaan ‘n moeilike besluit wees. Hulle is almal pragtig !!!

Alicia ·

Regtig? Suid Afrika se mooistes? Regtig? Het al ons mooi mense uitgesterf?

Elize Colton ·

Saskia is pragtig. Dit lyk of Iman se rok besig was om af te skuif!

Gerda ·

Vals hare vals oog wimpers dis mos nou glad nie natuurlik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.