Byna die hele wêreld wag in spanning vir die koms van die jongste Britse koninklike baba, wat na verwagting sy of haar opwagting vandeesmaand sal maak.
Prins Harry en Meghan, die hertog en hertogin van Sussex, het in Oktober verlede jaar aangekondig dat Meghan hul eerste kind verwag nadat hulle in Mei by die St. George’s Kapel in Windsor naby Londen getroud is.
Maroela Media het vroeër berig dat dié egpaar die geslag van die baba ʼn geheim wil hou.
Kyk hier hoe het ander koninklikes tydens hul swangerskappe gelyk:
Prinses Diana
- Prinses Diana (Foto: Skermgreep uit TrendingNow video)
- Prinses Diana (Foto: Skermgreep uit TrendingNow video)
Die prinses van harte was twee keer swanger – haar oudste, prins William, is in 1982 gebore, en prins Harry in 1984. Die ontslape prinses het koninklike tradisie verbreek toe sy verkies het om nie by die huis geboorte te skenk nie, maar eerder by die St. Mary’s Hospitaal in Paddington.
Kate Middleton, hertogin van Cambridge
- Kate Middleton, die hertogin van Cambridge (Foto: Twitter)
- Prins William en Kate Middleton
Prins William se vrou, Kate (37), het in 2013 geboorte aan haar eerste kind, George (5), geskenk. Sy het sedertdien nog twee kinders gehad, Charlotte (3) en Louis (11 maande).
Prinses Charlene van Monaco
- Prinses Charlene van Monaco (Foto: Instagram via Monaco princelyfamily)
- Prinses Charlene van Monaco saam met haar man, prins Albert. (Foto: Instagram via Monaco princelyfamily)
Prinses Charlene (41) en haar man, Albert, se tweeling, Jacques en Gabriella (4), is in 2014 gebore.
Pippa Middleton
- Pippa Middleton en haar man, James Matthews (Foto: Instagram via. Pippa.Middleton.Matthews)
- Pippa Middleton en haar man, James Matthews (Foto: Instagram via. Pippa.Middleton.Matthews)
Die bekende suster van Kate Middleton, Pippa (35), het in Oktober verlede jaar die lewe geskenk aan haar seun, Arthur Michael William Matthews. Sy en haar man, James Matthews, het in 2017 getrou.
Meghan Markle
- Meghan (Foto: Instagram via Kensington Royals)
- Meghan Markle (Foto: Facebook)
Prins Harry en Meghan, die hertog en hertogin van Sussex, het in Oktober verlede jaar aangekondig dat Meghan hul eerste kind verwag nadat hulle in Mei by die St. George’s Kapel in Windsor naby Londen getroud is.
Charlotte Casiraghi
Charlotte Casiraghi (32) is die ontslape Grace Kelly se kleinkind en haar ma is prinses Caroline van Hanover. Sy het in 2017 met Dimitri Rassam getrou en het in in 2018 hul eerste kind, Balthazar Rassam (5 maande) gehad. Sy het ook ‘n seun, Raphaël Elmaleh (5), by haar vorige kêrel, Gad Elmaleh.
Prinses Madeleine van Swede
- Prinses Madeleine van Swede (Foto: Instagram via princessmadeleineofsweden)
- Prinses Madeleine van Swede (Foto: Instagram via princessmadeleineofsweden)
Prinses Madeleine en haar man, Christopher O’Neill, het in 2013 getrou en het drie kinders. Hul eerste kind, Leonore (5), is in 2014 gebore. Nicolas (3) is in 2015 gebore en Adrienne (1) in 2018.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Lekker interessante leeswerk
Kate is darem maar ñ mooi vrou.
Dane en Kate is pragtig. Merkel lyk swanger.
Hulle lyk almal baie mooi en statig
Kate en Diana was pragtig toe hulle swanger was..
Ek voel jammer vir Meg…al die onnodige lelike dinge wat van haar gese word.
Ont net…sy en Harry hoef nie so n performance te lewer soos Wills en Kate ni..hy is geen troon opvolger nie…dus dink ek lewe hulle maar soos gewone verliefdes sonder al die prokol.
Gun haar geluk…ek verkies haar eerder as ou suurpruim Charlene.