[Foto’s] Terminaal-siek 6-jarige nou ʼn Affie

Ruben saam met die leiers (Foto: Maroela Media)

Ruben saam met die leiers (Foto: Maroela Media)

As dokters se voorspelling oor die sesjarige Ruben met terminale kanker se leeftyd akkuraat was, “was hy nou in die hemel”. Maar dié jong kankerlyertjie het ʼn veggees soos min én ʼn wil om te bly leef vir solank as wat hy op aarde “aan sy geliefdes geleen” word. Daarom is een van sy grootste drome Woensdagoggend bewaarheid toe hy amptelik ʼn Affie-seun geword het.

Honderde seuns het Woensdagoggend in die reën by die Afrikaanse Hoër Seunskool se vierkant bymekaargekom met ʼn gesamentlike doel: die terminale siek Ruben se droom om ʼn Affie te word sál bewaarheid word.

Maroela Media het vroeër berig sy ma, Marinda Scharneck, het dit haar lewenstaak gemaak om te verseker haar seun leef ʼn volle lewe vir die tyd wat hy nog op aarde is.

Ruben is in 2014 met hoë-risiko neuroblastoma gediagnoseer en het 100 dae van chemoterapie ondergaan. Hoewel die uitslae positief gelyk het, was die Scharnecks platgeslaan toe dit blyk dat die kanker in Junie 2015 weer versprei het.

Ruben word op 'n toer deur die skoolgronde geneem (Foto: Maroela Media)

Ruben word op ‘n toer deur die skoolgronde geneem (Foto: Maroela Media)

Hoewel hy selfs nie-tradisionele kankerbehandeling uit Australië ontvang het én in Januarie vanjaar weer ʼn groot operasie ondergaan het om al die gewasse te verwyder, het die gesin nie die goeie nuus ontvang waarvoor hulle gehoop het nie. Van die gewasse was vas aan die aorta en dokters kon dit nie verwyder nie.

Nóg ʼn reeks chemoterapie het hul nagmerries waar gemaak: Ruben se neuroblastoma is metastaties en daar is niks wat hulle vir hom kan doen nie.

Hy het altesaam al nege operasies ondergaan, maar die negende operasie was die laaste. Aangesien dokters weier om hom te opereer of selfs te ondersoek, verseker Marinda nou haar sesjarige se grootste drome word bewaarheid.

Ná personeel by Affies oor Ruben se droom om ʼn Affie te word op Maroela Media gelees het, was hulle dit eens: op sesjarige ouderdom sal hy ingelyf word as Affie.

Benewens die krete wat vir hom gesing is en sy inhuldiging tydens die seremonie in die vierkant, het hy onder meer ook ʼn pet, tas en Affie-hemp ontvang. Hy is ook op ʼn toer deur die skool geneem.

Ruben het ook die geleentheid gehad om saam met gr. 8-leerders klas te gaan (Foto: Maroela Media)

Ruben het ook die geleentheid gehad om saam met gr. 8-leerders klas te gaan (Foto: Maroela Media)

“Hierdie inhuldiging is om sy droom te bewaarheid, vandag word hy ʼn Affie,” het dr. Pierre Edwards, skoolhoof, gesê.

Scharneck sê hoewel dié geleentheid die hartsnare roer, is dit veral vir haar gesin ook ʼn baie emosionele tyd. “Aan die een kant is dit baie hartseer. Mens besef hy kan dalk regtig nooit Affies toe gaan nie. Maar hierdie is die naaste aan die beste wat dit kan wees.

“Ek kan steeds nie glo hoe goed mense is nie. Dit verstom mens elke liewe dag. Dat daar soveel moeite vir ʼn klein seuntjie met kanker gedoen is, het my in trane,” het sy gesê.

Sy sê Ruben kon voor die tyd byna nie uitgepraat raak oor dié geleentheid nie en dit maak die tydperk wat hy saam met sy gesin het, ekstra spesiaal. “Dit is vir Ruben ʼn groot ding. Dit is selfs groter as toe hy saam met die Springbokke op die veld uitgedraf het. Sy boetie en maatjies is ook baie jaloers dat hy nou al ʼn Affie word.

“Hy het vir vanoggend weer vir my gesê hy kan nie wag nie. Toe ek hom wakker maak toe vra ek hom ‘wat is jy amper?’, en toe sê hy ‘ʼn Affie!’”

Die gesin sal voortgaan om al sy drome te probeer bewaarheid terwyl hy nog gesond genoeg is om dit te kan doen. “Ons probeer om die tyd wat hy oor het, die beste te maak. Hy klou verbete vas aan die lewe, ons weet nie hoekom nie, maar hy is steeds hier. Ten spyte van dokters se verdoemende woorde, is hy nog met ons. Ek dink dis sy veggees, want al is hy vol chemo, bly hy glimlag. En dit laat my in my mamma-hart hoop hy is nog lank hier saam met ons.

“Toe my ander seuntjie, Rossouw, nou die dag krieket speel en 60 lopies nie uit nie gekry het, het my pa opgemerk hy wens Ruben kan ook 60 nie uit wees nie. Dit is so, maar ons almal se tyd is maar geleen.”

Scharneck wil graag die oud-Affiebond en die Afrikaanse Hoër Seunskool bedank vir hul besonderse moeite en deernis met Ruben en die res van die gesin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Christine ·

Ai hoe lekker huil ek saam met die mamma, maar dis trane van dankbaarheid dat daar regtig so baie mense is wat omgee met Jesus liefde in hulle harte. Sterkte aan julle en mag die Here hierdie pragtige seuntjie met wonderwerke vir julle gespaar bly, dis pragtige getuienisse;.

DD ·

Ruben dit is my gebed dat jy nog hierdie droom sal kan leef eendag. Onthou net by God is niks onmoontlik nie en ons dien ‘n God van wonders. Affie manne, julle is darem net die beste. So ongelooflik trots op julle. Een maal ‘n Affie ma, altyd ‘n Affie ma.

Jeanne ·

Go AFFIES, as trotse ma van ‘n baie trotse oud Affie moet ek sê ek het dit verwag. Dankie Dr Edwards . dankie Affie seuns, soos gewoonlik kan mens net trots wees op julle.

Louise ·

Ek is so bly om te sien daar is wel nog mense met n hart.
Baie sterkte aan hierdie gesin en soos jy se Christine ek hoop hierdie kind se lewe word gespaar.
Sterkte aan die familie.

Landi Slatter ·

Dagsê Jan,

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die flater, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Pieter B ·

Ag nee nou sit ek met trane in my oê dankie Affies!!!!!

Terri Smit ·

Dankie Afie seuns. Vertrou net op ons Hemelse Vader want met hom is niks onmoontlik nie.
Sal julle in ons gebede hou! Sterkte aan die familie,

Tanya ·

Super trotse Affies-ma! Welgedaan julle, en mag die Here hierdie klein mannetjie aanraak asseblief….

Oud-Affie ·

Sterkte Ruben en familie. Een maal ‘n Affie, altyd ‘n Affie – Laat daar lig wees!

RONEL ·

Baie dankie Affie julle is tops my seun in AFFIES . Baie sterkte aan die ouers julle is in my gebede en by GOD IS ALLES MOONTLIK ONS MOET NET VRA EN GLO IN DIT WAT ONS BID .

annatjie ·

Mnr Kotze my beste atletiekonnie by Affies. Dankie Affies.

Anlé ·

Het in die helfde van die berig al begin huil! Ongelooflik. Mag ons leer om almal wat oor ons pad kom met deernis en liefde te hanteer.

Affie ma ·

So trots op Affies. Dankie Mnr Kotze. Jy ons kinders se beste afrigter.

Anina Brits ·

Ek is ‘n Affie personeellid en my gr.8 voogklas het spontaan na vanoggend se vierkant opening, in die klas vir Ruben gebid. Dit het regtig hulle harte geraak.

Yvonne Benade ·

Baie sterkte aan Ruben en sy geliefdes…..dis n vreeslike pad om te stap maar God is in beheer… Sy wil sal geskied. <3

Wynand Olivier ·

Ruben…..Jys verseker ‘n AFFIE, want Affie-Guts loop al volstoom deur jou are. Fourie en Kruger en personeel…dankie vir wat julle doen. Bewys almal verkeerd en die dag as jy jou amper ‘n Affie hemp ruil vir jou Affie das, dan sal weer daar wees……Laat daar Lig wees!

Bobby Greenhash ·

We can help this child, as we have many before. Please give us the chance to heal this little guy naturally. I encourage Mum & Dad to contact me at [email protected] or Bob Greenhash on Facebook. Much love! BG

Kobus Ras ·

Ek is ‘n trotse Affie pa en wat ‘n voorbeeld. Ruben sterkte Affie seun.

Mariette Hammann ·

Dis so wonderlik om te lees van soveel mense met warm harte. Dankie daarvoor. Baie sterkte aan die gesin.

Shanelle ·

Liewe Ruben

Ek wens jou en jou familie alle sterkte deur hierdie moeilike tyd en ek weet dat God hierdie pad saam jou en jou geliefdes sal loop.

Baie Affie liefde ,
Shanélle Greyling. Xxx

Johan Rheeders ·

Dit maak my net nog breer bors staan as oud Affie. Voorwaar welgedaan aan al die organiseerders, Affies personeel en leerders. Laat daar lig wees

lorayne ·

Ek is oud oud Affie (1976) met n trotse warm hart vannaand! BAIE dankie aan almal wat hierdie dag SO spesiaal gemaak het vir Reuben! Mag God julle in oorvloed seen. . .

Martie ·

Sandra Prinsloo se tooneelstuk. OSCAR EN DIE PIENK TANNIE. Laat my aan die seun dink. Hy het die beste ouers. Bid hul seen toe. Wat kan ons doen vir hulle?

Werner Beineke ·

Met trane in my oë en ‘n hart wat wil bars van trots, dankie Doc Edwards, oud-Affiebond en mede Affiebroers… Ons kort meer sulke positiewe dinge in die lewe! Julle het verseker vuurmaakhout vir Reuben laat op hoop vir sy ou dag! ATID

Johanna Viljoen ·

Dankie, Affies! Dis waarom waardes, empatie en goeie gesindheid deel van die Affiekultuur uitmaak. Baie sterkte aan die jongste Affie, jy is nou deel van ‘n trotse tradisie, Reuben!
Met liefde aan jou van ons hele Affie-familie!

Janine ·

Wow, dis so mooi. Wat ‘n amazing skool en kinders en onderwysers.
Julle het my thumbs up :-)
Kleine Ruben, jy is ‘n ligstraaltjie in hierdie donker wereld. Jy kruip diep in ‘n mens se hart in

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.