[Foto’s] VSA se oudste winkelsentrum nou oulike woonstelle

Die grondvloer is steeds ingerig met restaurante (Foto: Bored Panda)

Die grondvloer is steeds ingerig met restaurante (Foto: Bored Panda)

The Arcade Providence, Amerika se oudste binnenshuise winkelsentrum in Rhode Island, New England, is pas in 48 lae-koste woonstelle omskep om te verhoed dat dié gebou verder verinneweer word.

The Arcade Providence is in 1828 gebou, maar het in die laat 20ste eeu heeltemal in onbruik verval.

Die winkelsentrum is vir $7 miljoen (bykans R93 miljoen) in woonstelle omskep deur die Northeast Collaborative Architects.

Woonstelle in dié winkelsentrum is almal een- of tweeslaapkamergrootte en sal jou $550 (R7 300) per maand uit die sak jaag. Die woonstelle is tussen 225 en 800 m² groot.

Elke woonstel is toegerus met ʼn kombuis, bad en stort, ingeboude beddens, banke en kaste. Die woonstelle het nie stowe nie, omdat dit gemik is op jong mense met besige lewens.

Daar is steeds restaurante op die grondvloer en ʼn ingerigte sitkamer waar huurders kan eet en kuier.

Huurders kan ook ʼn parkeergarage oorkant die gebou, sowel as ʼn waskamer en stoorkamers gebruik.

Bron: Bored Panda

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paplepel ·

Wil iemand nie asb. dieselfde voorbeeld hier in Pretoria kom volg met Schubart Park en Krugerpark nie? Die geboue kan dalk gered word van totale verval al is daar niks meer oor om te stroop nie.

Wat-ek-lees ·

Laekoste teen R7300 per maand?! Sjoe, dit wys wat het Zumpie en kie met ons Rand gemaak!
Nee Paplepel, hier by ons kry die verandering van straatname voorkeur. Baie makliker want dit is direk eweredig met wat tussen die ore is en die hoeveelheid verbeelding is dus ter sprake wat tot uitvoering gebring kan word om ou geboue produktief te red, veral uit die apartheidsera waaruit almal dateer.

neelsie ·

So baie potensiaal in ongebruikte geboue.
Gebruik wat ons het, dis baie goedkoper en vinniger as om vanaf fondasie te bou.
Alles wat uit vorige bedeling kom is nie sleg nie -inteendeel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.