Francois Retief: tegnologie-ghoeroe


Klipkouers-logo-01

Grafika: Verskaf.

Francois Retief is die medestigter van Iono.fm, ’n innoverende gasheer-platform vir podsendings soos die Klipkouers-podsending RSG, BBC, Duitse Radio en vele meer.

Vertel ons ʼn bietjie meer oor jouself:

Ek het in Bloemfontein grootgeword en in Stellenbosch elektroniese ingenieurswese gaan studeer. Ek het in die Kaap gebly en daar ʼn stelselingenieur-en-breekbestuurder geword. Ek het meestal tyd afgestaan om groot vlootbestuur- en voertuigopsporingstelsels vir firmas soos onder meer Mix Telematics te ontleed. Ek wou in daardie stadium die firma verlaat om kliënte te help om hulle eie tegnologie te ontwikkel. Ek het in aanraking gekom met Mix Telematics se kommersiële bestuurder, Ryan, wat ʼn baie goeie plan gehad het om ʼn nuwe soort tegnologie te ontwikkel. Daarna het ons die firma Iono.fm gestig wat “PVR” vir radio is. Ons maak dit maklik vir die gebruiker om sy of haar gunsteling gesproke oudiobandmateriaal op die internet te kry. Jy as gebruiker kan gaan luister na BBC, SAUK of Cliff Sentraal (CliffCentral) se radioprogramme. Daar is ʼn hele aantal oudiobandverskaffers wat van ons gebruik maak en dit is so eenvoudig as om op jou selfoon rond te snuffel en te begin luister na wat ook al jy wil. Dit kan ʼn nuusprogram wees wat ongeveer 20 minute gelede uitgesaai is of ʼn aktualiteitsprogram wat ʼn dag of twee gelede uitgesaai is, selfs oudioboeke.

Jy sê dus dit word gedryf deur die slimfone en motors wat natuurlike internettoegang het?

Ja, veral deur middel van die kliënt se selfoon. Dit is deesdae baie maklik vir die kliënt om net sy/haar selfoon te gebruik vir ʼn hele aantal toepassings (apps). Die verskaffer se moderne slimfoon is gekoppel aan al hierdie toepassings en netwerke om die inligting gouer te verwerk deur middel van ’n slimfoon.

Dit is waar Iono.fm in die prentjie kom; jy kan nou na vyf van jou gunstelingprogramme luister, soos landbou, sport, sake, en so meer.

Dit is heeltemal korrek, ja. Jy klim in die motor en maak jou Iono.fm-webblad oop, dan kan jy luister na opnames wat vroeër die week uitgesaai is.

Vir al die klipkouers daar buite, ons gebruik Iono.fm as platform en dit is fantasties om te sien hoe die instansie te werk gaan. Die maatskappy is in vennootskap met die SAUK, RSG en Cliff Sentraal, of hoe?

Ja, dit is korrek en daar is nog vele ander instansies ook. Die maatskappy het ook nou begin met klankbaanstroming en vaar baie goed daarmee. Die maatskappy het ʼn redelik nuwe benadering daarmee gevolg en die opname in die land is baie goed.

  1. Waarom het jy hierdie soort besigheid en bedryf aangepak?

Eerstens het ek ʼn passie vir tegnologie en om aan die voorpunt te wees van tegnologie wat die wêreld verander; en tweedens was dit ook maar ’n kwessie van geleenthede.

2. Hoe gaan die maatskappy te werk om nuwe kliënte te werf?

Ons groepeer ons kliënte in drie kategorieë in die maatskappy, naamlik:

  • die luisteraars,
  • die mense wat oudio-klankbaanmateriaal verskaf soos radiostasies, en
  • die maatskappy se adverteerders.

Die strategie wat die maatskappy gebruik, is om in vennootskap te werk met die oudioklankverskaffers asook reeds gevestigde kliënte in ons teikengroep.

  • Dit is baie geïntegreer en dit inspireer die ander kliënte op ʼn baie positiewe manier.

Dit is heeltemal korrek, ja. As jy met ’n voornemende kliënt wil sake doen, is dit baie belangrik om te weet wat daardie persoon se doelwitte is

3. Wat is jou grootste besigheidsfout tot dusver?

Ek het ’n besigheidsprojek saam met ʼn Amerikaanse maatskappy begin. Die Amerikaanse maatskappy het sekere idees gehad; ek het daarna gekyk en gedink daar is probleme, maar dit nie sterk genoeg geopper nie. Op die ou end het dit toe presies gebeur soos ek gedink en verwag het dit sou.

4. Wat is jou grootste swakheid?

Ek het ʼn driejarige dogtertjie en sukkel vreeslik om vir haar nee te sê.

5.Watter gewoonte begeer jy?

Om vroeër in die bed te kom. Ek sal goeie voornemens hê om vroeg in die bed te gaan klim, maar dan trek ’n interessante artikel op die internet my aandag en dan kan ek maar vergeet van tyd.

6. Sonder watter sagteware kan jy eenvoudig nie klaarkom nie?

Daar is ʼn paar toepassings (apps) wat ons gebruik:

  • Eerstens is daar natuurlik ons eie webwerf Iono.fm wat ek konstant gebruik om na te luister.
  • Tweedens, sal ek sê, ʼn program met die naam van TrelloDit is ʼn ongelooflike gratis program – by die werk gebruik ons personeel dit vir al ons projekbestuur-ontwikkeling.
  • Dan is daar natuurlik die gewone kanniedood Excel, ek sal nie daarsonder kan werk nie.

7. Watter moet-lees-boek sal jy aanbeveel?

  • Guns, Germs and Steel deur Jared Diamond: Die skrywer skryf oor sekere prehistoriese faktore, die vinnige opgang wat die Midde-Ooste en Europa gemaak het, asook die rede waarom Australië se tegnologie-vooruitgang so stadig is.
  • Ready Player One deur Ernest Cline: Dit handel oor ʼn toekomsblik op die hele skeiding tussen aanlyn identiteit en werklike identiteit.
  • First Break all the Rules deur Marcus Buckingham.
  • Now Discover your Strength deur Marcus Buckingham.
  • Great Boss Dead Boss deur Ray Immelman.

8. Watter persoon het jou die meeste geïnspireer en hoekom sê jy so?

Daar is twee entrepreneurs saam met wie ek al gewerk het by ’n firma, naamlik Neels Kruger en Johan Erbe. Hulle het my geweldig baie geleer oor hoe om met mense te werk en lojaliteit te “verdien”. As ek een persoon moet kies, is dit oudpresident Nelson Mandela. Die manier waarop hy ʼn nasie gebou en mense se persepsies verander het, is al klaar ’n baie groot inspirasie vir my.

9. Wat is jou gunsteling-aanhaling?

  • Picasso: “The meaning of life is to find your gift, and the purpose of life is to give it away.”
  • Robert Bruck: “Enjoy the little things in life, because one day you may look back and realise it was the big things.”
  • Abraham Lincoln: “You can tell the greatness of a man by what makes him angry.”

10. Met alles wat jy nou weet, en as jy môre weer oor kon begin, watter soort            besigheid sou dit dan wees?

Ek sou in dieselfde bedryf wees. Ek hou baie van wat ek doen en ek hou ook van tegnologie.

  • Hoe kan die klipkouers met jou kontak maak?

Die klipkouers kan na ons maatskappy se webblad toe gaan by www.iono.fm of hulle kan vir my ’n e-pos stuur na [email protected].

Luister na hierdie episode op www.klipkouers.com

Klipkouers is ‘n weeklikse podsending waar sakeman, Jacques Basson, met plaaslike en internasionale Afrikaner entrepreneurs en impakmakers, gesels ten einde die beste praktiese besigheids-en lewensadvies met jou te deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Xa ·

Ons land het mense soos Francois nodig. Tegnologie is die toekoms om werk en inkomste te kry, om waarlik bemagtig te word. Sporthelde het ons net mooi nerens gebring nie. Tegnologie helde is ons laaste hoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.