Geen werk, toe maak ingenieur plan!

Malwandle Hadebe met haar plakkaat by 'n verkeerslig in Johannesburg. Foto: @UlrichJvV op Twitter.

Malwandle Hadebe met haar plakkaat by ‘n verkeerslig in Johannesburg. Foto: @UlrichJvV op Twitter.

ʼn Johannesburgse vrou met ʼn graad in chemiese ingenieurswese van Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het vandeesweek ʼn kreatiewe plan beraam om ʼn werk te kry, nadat sy verskeie kere vergeefs vir werk aansoek gedoen het.

Malwandla Hadebe het aan Eyewitness News vertel sy het vir byna ʼn jaar lank geen positiewe terugvoer oor werksaansoeke ontvang nie, en daarom verlede week besluit om in die openbaar by ʼn besige kruising met ʼn bord in die hand te gaan staan waar niemand haar kan ignoreer nie.

Haar “bedelbord” het gelui: “Ek het ʼn B-Tech-graad in chemiese ingenieurswese. Help asseblief! Ek soek werk. Ek het my CV by my”. Sy het dié graad in 2015 voltooi.

Hadebe het ook aan eNuus gesê sy kon sedert Mei verlede jaar nie daarin slaag om enige positiewe terugvoer te kry nie. “Ek het voorheen gebel en gevra of ek die ondernemings persoonlik kan kom sien. Ek het ook my CV ingestuur en die internet-roete gevolg. Toe ek sien die metodes werk nie, het ek by ʼn verkeerslig gaan staan waar mense my kan raaksien en nie bloot ignoreer nie.”

Hoewel sy net ʼn week lank op straat was, het sy reeds baie goeie terugvoer ontvang. “Mense is baie positief teenoor my,” het sy gesê. “Hulle bel van ver en vra ek moet my CV stuur. Ek glo niemand skuld my iets nie. Ek doen alles vir myself en daarom het ek besluit om self iets te doen toe ek nie positiewe terugvoer gekry het nie, en die soektog na werk ʼn stappie verder te neem.”

Sy het vandeesweek goeie nuus gekry toe die brandstofreus Sasol, haar gekontak en gevra het om haar CV aan te stuur.

Sasol het intussen op sosiale media bevestig hulle was reeds in verbinding met Hadebe. “Ons het reeds met Malwandla gesels. Sy het haar CV aan ons gestuur en dis tans by die menslikehulpbronne-afdeling. Dankie dat almal ons van haar vertel het.”

Bronne: Eyewitness News, Talk Radio 702, eNuus

Malwandle Hadebe met haar plakkaat by 'n verkeerslig in Johannesburg. Foto: @UlrichJvV op Twitter.

Malwandle Hadebe met haar plakkaat by ‘n verkeerslig in Johannesburg. Foto: @UlrichJvV op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Burger ·

Dis hartseer dat iemand met so n kwalifikasie op n straathoek moet staan om opgeneem te word in die arbeidsmark . Die feit dat sy bereid is om dit te doen , maak haar uitsonderlik. Hoop sy kry gou n goeie werk.

m ·

Dis baie sleg. Maar nou ja as jy met n regering sit wat absoluut geen werksgeleenthede skep nie en ook nie die ekonomie wil verbeter nie sal hierdie tipe goed al hoe meer gesien word. Hulle is so besig om mekaar te skel in die parlement dat hulle dit wat absoluut belangrik is miskyk…….

André ·

Dit is baie jammer dat sy so moet sukkel. Maar die probleem is dat dit sooo sleg gaan met die ekonomie, dat werkgewers nie nuwe mense wil aanstel nie. Dankie vir die goeie storie ANC!

Bernadette ·

Ons help ook graag. Mense kan gerus hul CV’s deurstuur.

Sune van Heerden ·

Dagsê lesers

Ons het toestemming ontvang om die e-posadres bekend te maak waarna Bernadette verwys.

Stuur gerus CV’s na [email protected]

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Lottie ·

Bernadette ek het nou die kwalifikasies wat die dame het nie en ook nie ‘n graad nie.
net ‘n gewone dame wat ontvangs en admin werk kan doen, kan ek my cv ook vir jou stuur asb?

ST ·

Bernadette, ek kan jou wet haar cv lê al maande op julle data basis net soos myne. 256 cv’s in 5 maande en geen onderhoud nie. “GOD help those who help themselves”. Beste is om maar jou eie besigheid te begin.

M du Preez ·

Dis oor al die buitelanders wat vir masiewe salarisse in Suid-Afrika werk dat daar nie werk is vir ons plaaslike mense nie.

KDP ·

Wel die mense van die buiteland is bereid om te werk. Hulle is lojaal en werk baie harder as ons Suid Afrikaanse mense en sal uit hul eie uit van die ander werkers te gaan help waar die Suid Afrikaners sal SIT / LE en nie ‘n vinger sal veroer om enige iets te doen nie en dan moet jy hul nog oppas om seker te maak hulle doen wat hulle moet doen waar dit glad nie die geval is met die buitelanders nie.

Johann Marx ·

Goeie genugtig!!! Nou verstaan ek hoekom daar 47 mense vanoggend by my naaste verkeerslig gestaan het met hulle borde….ek kon kies “Argitek, Advokaat, Ingenieur, Fisikus, Geoloog, Predikant, Vee-arts, Onderwyser…..” Teveel om op te noem. My kids is ook nou besig om hulle plakate te verf……en my jongste seun wat nog nie ‘n graad het nie, maak plakate om te verkoop!!!

Veritas ·

As ‘n jong mens van die regte kleur, regte geslag en goeie kwalifikasie, nie kan werk kry nie, beteken dit net een ding. Ons land is in sy kanon in. Ek haal my hoed af vir die dametjie. Sy gaan nie by die huis sit en haarself bejammer nie, sy maak ‘n plan. Onthou maar die naam. Ons gaan weer van haar hoor.

rudi ·

TUT het verval in ‘n patetiese spulletjie. Hul chemie beteken minder as ‘n matriek. Hul standaard het so laag gedaal dat mens dit nie eens ‘n technicon kan noem. En nou deel hul grade uit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.