Geloftedag 2016: Kyk waar is jou naaste Geloftefees

Argieffoto

Argieffoto

Geloftedag gedenk die gelofte wat die Voortrekkers op 16 Desember 1838 afgelê het voordat 10 000 Zoeloes 470 Voortrekkers by Bloedrivier aangeval het. Die Trekkers het dié veldslag gewen en slegs een Voortrekker, die leier Andries Pretorius, is lig beseer.

Die gelofte is afgelê  toe die Trekkers vóór die slag die Here gevra het om hulle te help in die geveg. Hulle het ʼn gelofte afgelê en onderneem as die Here hulle sou help, sou hulle 16 Desember jaarliks as Sabbat herdenk.

Dié dag word steeds jaarliks gevier.

As deel van die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings) se bewusmakingsveldtog oor die geskiedenis van die Trekkers en die ontstaan van die Gelofte, het hulle ’n uittreksel uit FA Venter se boek, Gelofteland, beskikbaar gestel aan die publiek.

Die gebeure wat plaasgevind het in die aanloop tot Bloedrivier, asook die geveg self, word op meesterlike wyse deur een van ons land se bekendste skrywers vertel. Die boekie is slegs in elektroniese formaat beskikbaar en kan gratis van hierdie bladsy afgelaai word.

Laai die aanlynboek hier af.

Hier is ʼn lys van Geloftefeesvieringe regoor Suid-Afrika. Vir meer inligting, besoek die FAK se webwerf.

Gauteng                               

  • Bronkhorstspruit – Welverdiend: By die Wacht ʼn Bietjieskop-plaas om 9:00 deur Ds. Jan van Staden.
  • Pretoria – Pretoria Oos: By die Pioniersmuseum, Silverton om 9:00.
  • Pretoria – VT Monument: By die Voortrekkermonument om 9:00 deur Dr. Hennie Botes.
  • Randburg / Linden / Northcliff – Roodepoort: By die Albert’s Farm-feesterrein om 9:00 deur Dr. Christo Naude.
  • Vaaldriehoek: By die Lion’s Creek-lapa om 9:30 deur Ds. Gert van Heerden.
  • Pretoria – PTA Noord: By die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort om 9:00.
  • Heidelberg: By Kafferskraal, Heidelberg om 09:30.
  • Pretoria – Rooihuiskraal: By die Rooihuiskraalterrein, Rooihuiskraalweg, Centurion om 9:00.

KwaZulu-Natal                                

  • Harrismith – Retiefklip: By die Kerkenberg-feesterrein om 10:00.
  • Dundee/Vryheid: By die Bloedrivier Geloftefeesterrein om 10:00 deur Dr. Victor d’Assonville.
  • Margate (AP Kerk): By die AP Kerk Suidkus om 8:00 deur Ds. Nico Coetzee.
  • Pennington: By die Pennington Leisure Resort om 9:00 deur Louis Radyn.

Noordwes

  • Rustenburg: By die Hervormde Kerk Rustenburg-suid om 8:00 deur Dr. Anet Dreyer-Kruger.
  • Brits: Swarthoek Geloftefees deur Ds. Adriaan Swart.
  • Bokfontein deur Stefan Pieterse (Afrisake). Kontak: Herman Els op 0823772991.
  • Bokkraal deur Ds. Soois Meiring. Kontak: Kontak Evert du Preez op 083 635 6528.
  • Brakkloof: By die Ou Brakkloof-laerskool deur Dirk Wijnbeek. Kontak Louis Visser op 076 350 4010.
  • Brits: By die Brits Hoërskoolsaal deur Ds. Rossouw. Kontak Cor Meintjes op 082 783 0720.
  • Derby: By die ACVO Skool. Kontak: Willie van der Westhuizen op 079 528 4414.
  • Hartbeespoort: By die NG Kerk Hartbeespoort. Kontak Riaan Badenhorst op 083 675 1483.
  • Leeudoringstad: Brandhoek-plaas. Kontak Ria Fouché op 082 882 0539.
  • Lichtenburg: CVO Skool. Kontak Hansie Theart op 082 922 5755.
  • Potchefstroom: Roepersfontein-feesterrein. Kontak Fransie Nel op 0720228658.
  • Potchefstroom: Rooipoort-feesterrein deur Peet Nienaber. Kontak Alet Fourie op 076 979 8310.
  • Klerksdorp: By die AWB PLAAS.
  • Brits: By die Brits Hoërskoolsaal om 9:00 deur Ds. Rossouw.
  • Zeerust – Rietvlei Geloftefees: By die Rietvlei Geloftefeesterrein om 10:00 deur Ds. Phillip Bredenhan.

Limpopo                               

  • Tzaneen: By die AP Kerk Tzaneen om 9:00 deur Ds. Marcus Mattheus.
  • Groblersdal: By die DLU-saal om 9:00 deur Alwyn de Klerk.
  • Ellisras – Steenbokpan: By die Steenbokpan Boereverenigingsaal om 10:00 deur Past. Lourens Taljaard.
  • Baltimore: By die Baltimore Gemeenskapsaal om 8:30 deur Ds. Thys Muller.
  • Tzaneen – Letaba: By die Mowana-wildplaas, R71, om 9:00 deur Ds. Nico Swart.
  • Levubu: By die Levubu Gemeenskapsaal om 18:00 deur Past. Craig Whitcomb.
  • Dendron (Driedoornhoek): By die Driedoornhoek Geloftefeesterrein om 9:00 deur Ds. Cornel Nagel.
  • Kayaseput: By die Kayaseput-feesterrein om 10:00.
  • Marble Hall: By die Spioenkoppie Geloftefeesterrein om 9:00.
  • Gravelotte: By die Kwaggasnek Geloftefeesterrein om 9:00 deur Cobus van Jaarsveld.
  • Hoedspruit: By die Laerskool Mariepskop om 8:00.
  • Duiwelskloof: Hervormde Kerk Duiwelskloof om 9:00 deur Ds. Gawie Wolmarans.
  • Ellisras – Matjiesfontein: By die Canterbury Feesterrein om 9:00 deur Ds. Hennie van der Linde.
  • Leeupoort: By die Leeupoort-karavaanparksaal om 9:00.
  • Alldays: By die Rossthomsaal om 9:00.

Mpumalanga            

  • Delmas: By die AP Kerk Delmas om 9:00 deur Dr. Willie Burger.
  • Nelspruit: By die NG Suid Geloftefeesterrein om 9:00 deur Ds. Eksteen Botes.
  • Lydenburg – Noupoort: By die Steenkampsberg Boereverenigingsaal om 9:30 deur Ds. Frans Conradie.
  • Lydenburg – Watervalsrivier: By die Geloftesaal, Beetgekraal om 9:00 deur Ds. Riaan Botha.
  • Eendracht: By die Feessaal op Eendracht, Leandra om 9:00 deur Dr. Samaul Louw.
  • Lichtenburg – Burgersdorp: By die Laerskool Burgersdorp om 9:00 deur Ds. Dawie Jacobs.
  • Bokkraal: By die Bokkraal Geloftefeesterrein om 10:00 deur Ds. Soois Meiring.
  • Greylingstad: By die Wilgefontein Geloftefeesterrein om 9:30 deur Ds. M. Jordaan.
  • Lydenburg – Badfontein: By die plaas Badfontein om 9:00 deur Ds. Egbert Hiemstra.
  • Middelburg – Koornfontein: By die NG Middelburg Witkerk om 8:00.
  • Standerton / Bethal: By die Grootfontein-feesterrein om 10:00 deur Ds. Tinus Nagel.
  • Witbank – Fees 2: By die Hervormde Kerk Witbank-Suid om 9:00 deur Dr. Elritia le Roux.
  • Dullstroom: By die NG Kerk Dullstroom om 10:00 deur Ds. Lukas Steenkamp.
  • Ohrigstad: By die Boeresaal om 9:00.
  • Hendrina: By die Hendrina Geloftefeesterrein om 9:30 deur Ds. Sam Heine.
  • Middelburg – Uitkyk: By die Uitkyk-feesterrein om 8:30.
  • Secunda: By die Gereformeerde Kerk Secunda om 9:00.

Noord-Kaap             

  • Fraserburg: CVO-skoolsaal Fraserburg om 9:00 deur Adv. Lourens Joubert.
  • De Aar: By die AP Kerksentrum, De Aar om 9:00 deur Dr. Reyno Louw.
  • Kimberley: By die AP Kerk Kruisgemeente om 9:00.
  • Bokfontein: By die Bokfontein-plaas om 9:00 deur Ds. Frans du Plessis
  • Brakkloof: By die Ou Brakkloof Laerskool om 9:00 deur Dr. Dirk Wijnbeek

Oos-Kaap                             

  • Middelburg: Olifantsrivier – Oos: By die Olifantsrivier-Oos Geloftefeesterrein om 10:00 deur  Danny Nel.

Vrystaat                                

  • Theunissen: By die Theunissen Hoërskool om 9:15 deur Ds. Pieter Steyn-Conradie.
  • Kroonstad – Randjieslaagte: By die Randjieslaagte-plaas (35km uit Kroonstad) om 9:00 deur Dr. Hannes Els.
  • Koppies – Rooiwal: By die Rooiwal Geloftefeesterrein om 9:00 deur Kol. Jan Wessels.
  • Kroonstad – Onder Heuningspruit: By die Onder-Heuningspruit Geloftesaal (35km uit Kroonstad, op Vredefortpad) om 9:00 deur Prof. Arno van Niekerk.
  • Hennenman: By die Samekoms-feesterrein om 10:00.
  • Heilbron – Vegkop: By die Vegkop Slagveldterrein om 9:00 deur Ds. Nico Bryshaw.
  • Harrismith – Bo Cornelisrivier: By die Groenfontein Verkykerskop om 9:00.
  • Kroonstad: by die NG Moederkerk om 9:00 deur Ds. Arie Stavast.
  • Bloemfontein – Dankbaar: By die Bron van Herinnering om 9:00 deur Ds. Fanie Hoffman.
  • Bloemfontein – Bergkraal: By die Bergkraal Geloftefeesterrein om 11:30.
  • Bothaville – Loskuil: By die Loskuil Skool om 9:00.
  • Oranjeville – Saambou: By die Saambou Geloftefeesterrein om 9:00 deur Ds. Tommie van Vuuren.
  • Winburg: NG Kerk Verkeerdevlei om 10:00 deur Ds. Sanri Malan.
  • Clocolan: By die Clocolan Skougronde om 9:.
  • Philippolis: Gereformeerde Kerk om 9:30 deur Ds. Lou Badenhorst.
  • Frankfort: By die Van Rheenhenskop Geloftefeesterrein om 9:30.
  • Bloemfontein – Rietfontein: By die Plaas Rietfontein om 9:00.
  • Viljoenskroon: By die Dewetsdrif-feesterrein om 9:30 deur Ds. Thys Burger.
  • Bethlehem: By die Laertrek Geloftefeesterrein om 10:00 deur Ds. Ruan Combrink.
  • Bloemfontein – Dankbaar: By die Vrouemonument om 9:00 deur Ds. Fanie Hoffman.

Wes-Kaap                              

  • Tierfontein: By die Tierfontein Geloftefeesterrein om 9:00.
  • Vanrhynsdorp: By die Lankverwacht-gasteplaas om 9:00 deur Ds. Jan Fourie.
  • Oudtshoorn: By die Oude Muragie-feesterrein om 11:00 deur Ds. Gerhard Janse van Rensburg.
  • Mosselbaai: By die Mosselbaai-stadsaal om 9:00 deur Ds. Dewald Cronje.
  • Hartenbos: By die Hartenbos Amfiteater (of NG Kerk Hartenbos in geval van slegte weer) om 9:00 deur Dr. Danie Langner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Johann ·

Wie ookal die lys opgestel het ken nie die land nie. Klerksdorp, Brits en Zeerust is beslis nie in die Noorkaap nie, daar is nog ander foute ook.

Landi Slatter ·

Dagsê Johann

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Andreas Meyer ·

Noordtransvaal, Oostransvaal, Westransvaal, Sentraaltransvaal, Oranje-Vrystaat. Maar ons gaan nog daar kom.

Jan ·

Ongelooflik, as ek so kyk na al die plekke waar dit gedenk gaan word, dit laat met se hart sommer warm klop. En dan is daar jou waarlik mense wat dink geloftedag is nie meer vandag relevant nie!

Nico ·

Net ‘n vinnige regstelling, Klerksdorp is in Noordwes, nie die Noord Kaap nie. Waar is die sogenaamde AWB plaas ? Wie is die kontakpersoon en / of die prediker ?

Theresa ·

Dankie vir die inligting. Hoop van harte dat daar duisende mense gaan opdaag met die regte gesindheid in die hart.

Lewies ·

Theresa, met watter gesindheid gaan jy die geleentheid bywoon? As ek dit weet sal ek ook weet wat die regte gesindheid moet wees.

Jan ·

Lewies, net jy sal weet watter gesindheid jy in die hart het. My raad, sluit by die ANC aan.

Koos ·

Daar is heelwat meer geloftefeeste. Ek dink byvoorbeeld aan Paardekraal in Krugersdorp en ook die een in Senekal, Vrystaat.

JC ·

Dankie vir die plasing van die berig Maroela!!
GELOFTEDAG- 16 DESEMBER 2016!!

Hennie Smit ·

Middag, ek bly in Somerset wes. Miskien kyk ek nou mis maar ek sien regtig niks naby hier nie??? Wat sou jul aanbeveel. My nommer is 071 2242 337

Charl ·

Hennie daar is more n diens in die NGK moedergemeente Strand om 9:00

Elisabeth Kruger ·

Sabie se Geloftediens
Feeshuis (Castle Rock)
Ds Willem Breytenbach
9h00

Frans Maritz ·

hier is die gelofde in ‘n liedjie “Gee My krag Vir My Land” tik die naam in youtube om die liedjie te luister

hannes ·

Kom en speel weer die toneel af dus nou 2016 miskien die keer kan die totaal x10 verdubble.

hannes ·

Uit die blou van onse hemel uut die diepte van ons see…..ons vir jou Suid Afrika….Dus tyd ons boermagte weer opstaan en ons beskerm ini nag.

Boer ·

Ek is by Bloedrivier geloftefees en ds Francois de Bruyn is die prediker vir 2016. Maroela julle is teleurstellend

Roelof Loffie ·

EK EN MY HUIS SAL DIE HERE DIEN.
BAIE DANKIE ONS LEWENDE GOD VIR DIE DAG ,EN DIE BERIG..

Francois Ferns ·

Is hierdie almal Geloftefeeste of polities korrekte Versoeningsfeeste?

Wentzel Kritzinger ·

Wat van Doornkloof in die Vrystaat waar Sarel Cilliers en sy vrou en van hulle kinders se grafte is ? Dit was sy plaas en behoort al baie jare aan die Voortrekkers .

jaco ·

Ek sien n paar NG-Kerk gemeentes hou geloftedagvierings. Dis eintlik n kontradiksie. Dis dan die kerk wat in 1986 gesê het apartheid is sonde en wat toe saam met die Nasionale Party hervorm het en selfs van hulle kansels af mense aangemoedig het om ja te stem.

miem ·

Ai Jaco gaan lees waaroor gaan Geloftedag. Jy sal ons ander nooit kan ontstel met jou nuttelose kommentaar nie. Ons kan duidelik uit jou kommentaar agterkom waar jy vandaan kom. Dit was n wonderlike dag vandag gewees om dit weer te kon herdenk!!!

Drakensberger ·

Is daar nie een of ander forum waar ons inligting ivm Geloftefeeste kan publiseer/opdateer vir toekomstige feeste nie? Hier by Tweeling in die Vrystaat was ook twee feeste gewees. Wat ‘n wonderlike dag met meer as 130 mense wat by die Tweeling Geloftefeesterein opgedaag het. Daar is duidelik nog baie mense wat erns maak van hierdie GROOT saak!

Nick ·

Ons het Geloftefees by Saamtrek Geloftefees terein by gewoon.
GPS: -27.815281, 26.606579

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.