Geskenk-idees vir Kersfees: Gebottelde gemmer­brood­mannetjies

Gebottelde gemmerbroodmannetjies (Foto: Vlytige Geskenke)

Hierdie koekiemengsel is die ideale geskenk vir ʼn ywerige bakker. Skep lae bestanddele in ʼn mooi glasfles en rond dit af met ʼn koekiedrukker en aanwysings vir dié heerlike gemmerbroodbederf.

Jy benodig:

  • ʼn lepel
  • skoon papier
  • plastieksakkie met suikerbedekte lekkergoed vir versiering
  • plastieksakkie met versiersuiker
  • gemmerbroodkoekiedrukker en -hangetiket (met aanwysings agterop)
  • lint
  • ʼn skoon 1 ℓ-fles met ʼn deksel
  • 200 g koekmeel
  • 1 t fyn gemmer
  • 1 t gemengde
  • speserye
  • 100 g donker bruinsuiker
  • 100 g versiersuiker
  • 1 t koeksoda

Metode:

  1. Skep die meel en koeksoda in.

Maak ʼn papiertregter om te voorkom dat die meel mors.

  1. Voeg die suiker en die speserye by.

Druk elke laag met die agterkant van ʼn lepel vas.

  1. Plaas ʼn sakkie versiersuiker in. Só meng die versiersuiker nie met die ander bestanddele nie.
  2. Skroef die deksel op.

Plaas ʼn sakkie lekkergoed by om die koekies mee te versier.

Skryf die aanwysings op die etiket en bind dit aan die fles vas.

Bak die koekies só:

Lewer: 18 gemmerbroodmannetjies

Jy benodig ook:

  • 100 g botter
  • 1 eier
  • 2 e gouestroop

Vir die versiersel: suurlemoensap

Gereedskap: mengbak, houtlepel, kleefplastiek, koekroller, bakplaat, klein bakkie, afkoelrak, spuitsak

Metode:

  1. Verhit die oond tot 180 °C.
  2. Plaas sagte botter, eier en stroop in ʼn mengbak. Klop met ʼn houtlepel tot romerig.
  3.  Voeg die droë bestanddele in die fles (behalwe die lekkergoed en versiersuiker) by en meng goed.
  4. Gebruik jou hande om die mengsel tot ʼn bal te vorm. Draai in kleefplastiek toe en laat 30 minute in die yskas.
  5. Rol die deeg 5 mm dik uit. Druk die koekies uit en plaas dit op ʼn gesmeerde bakplaat.
  6. Steek die plaat in die oond en bak die koekies 15 minute lank. Haal uit en laat op ’n draadrak afkoel.
  7. Rond af met versiersel en lekkergoed.

VIR DIE VERSIERSEL

  1. Plaas die versiersuiker in ’n bakkie en voeg die suurlemoensap by. Meng en voeg ʼn bietjie water by as dit te styf is.

2. Skep die versiersel in ʼn spuitsak en versier die koekies.

 

Bron: Vlytige Gesekenke

Uitgewer: Penguin Random House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.