Geskenk-idees vir Kersfees: Kamerakaartjies

Kamerakaartjie (Foto: Vlytige Geskenke)

Deel die herinneringe aan ’n kuiertjie by maats, die koms van ’n nuwe troeteldier, of sommer enige prettige geleentheid! Maak ’n mini-album met foto’s wat jy geneem het en voeg dit saam in ’n oulike stapelkaartjie.

Jy benodig:

  • Dun Karton: 15 cm x 21 cm
  • Vel wit papier: 12 cm x 54 cm
  • Stukkies papier
  • Gomstiffie
  • Lint of koord: 50 cm
  • Foto’s
  • Skêr

Metode:

Versier die voorkant

  1. Vou die karton en knip die hoeke rond.

Knip papiervorms om die kamera te maak.

  1. Plak die papiervorms in posisie.

Maak die binnekant

  1. Vou die vel papier in ʼn konsertina.

Knip jou foto’s sodat hulle pas en plak vas.

  1. Plak die bokant van die konsertina in die kaartjie vas.
  2. Vou die lint of koord om die kaartjie. Plak dit binne-in vas. Knoop die punte aan mekaar.

Skryf ʼn boodskap en maak byskrifte vir jou foto’s.

 

Bron: Vlytige Geskenke

Uitgewer: Penguin Random House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.