Geskenkidees vir Kersfees: Knopehangers

Knopehangers (Foto: Vlytige Geskenke)

Hierdie kleurryke versierings is ideale geskenkies vir die feesgety. Hang dit aan die Kersboom of voor ’n venster om in die sonlig te glinster.

Jy benodig:

  • ʼn naald met ʼn groot oog en ʼn stomp punt
  • 30 cm dik gare
  • knope en krale

Metode:

  1. Gebruik die naald om die knope en krale op die gare te ryg.
  2. Ryg die naald deur ʼn ander gaatjie terug.
  3. Maak die gare se punte ewe lank en knoop dit aanmekaar.

Wenk: Meng die knope en krale om verskillende fatsoene en kleurskemas te skep.

 

Bron: vlytige Geskenke

Uitgewer: Penguin Random House

Knopehangers (Foto: Vlytige Geskenke)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.