Geskenkidees vir Kersfees: Kussingboksies

Kussingboksies (Foto: Vlytige Geskenke)

Maak ’n klein geskenkie ekstra spesiaal deur dit in ’n mooi houertjie te verpak. Gebruik ’n kartonrol om dié maklike kussingboksie te maak.

Jy benodig:

  • kartonrol
  • skêr
  • gekleurde of geskenkpapier
  • gomstiffie
  • lint
  • rol-oë

Metode:

  1. Kies ’n kartonrol wat groot genoeg is vir jou geskenk.
  2. Vou ’n rand by een ent van die rol in.
  3. Draai die rol om en vou die ander rand ook in. Doen dieselfde by die oorblywende ent van die rol.
  4. Knip ’n stuk gekleurde of geskenkpapier om rondom die boksie te pas.
  5. Wend gom aan een rand van die papier en plak dit aan die boksie vas. Slaan die ander rand bo-oor en plak dit in posisie.
  6. Maak een ent van die boksie oop en steek die geskenkie daarin. Rond dit netjies af met ’n lint.

Wenke:

(Sien foto’s)

Uil: Plak papiervlerke op, en ’n papierdriehoekie vir die snawel. Rond af met groot rol-oë.

Ruimtewese: Een rol-oog is al wat nodig is!

Bron:

Boek: Vlytige Geskenke
Uitgewers: Penguin Random House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.