Maak ’n klein geskenkie ekstra spesiaal deur dit in ’n mooi houertjie te verpak. Gebruik ’n kartonrol om dié maklike kussingboksie te maak.
Jy benodig:
- kartonrol
- skêr
- gekleurde of geskenkpapier
- gomstiffie
- lint
- rol-oë
Metode:
- Kies ’n kartonrol wat groot genoeg is vir jou geskenk.
- Vou ’n rand by een ent van die rol in.
- Draai die rol om en vou die ander rand ook in. Doen dieselfde by die oorblywende ent van die rol.
- Knip ’n stuk gekleurde of geskenkpapier om rondom die boksie te pas.
- Wend gom aan een rand van die papier en plak dit aan die boksie vas. Slaan die ander rand bo-oor en plak dit in posisie.
- Maak een ent van die boksie oop en steek die geskenkie daarin. Rond dit netjies af met ’n lint.
Wenke:
(Sien foto’s)
Uil: Plak papiervlerke op, en ’n papierdriehoekie vir die snawel. Rond af met groot rol-oë.
Ruimtewese: Een rol-oog is al wat nodig is!
Bron:
Boek: Vlytige Geskenke
Uitgewers: Penguin Random House