Geskenkidees vir Moedersdag

geskenk.jpgDigter en skrywer Antjie Krog het haar dankbaarheid teenoor háár ma uitgespreek met die skryf van haar bekende gedig “Ma”: “Want jy maak my groot in jou krom klein handjies, jy beitel my met jou swart oë en spits woorde … jy offer my elke aand vir jou Here God.”

Met Moedersdag net om die draai het Maroela Media met ʼn paar oulike geskenkidees vorendag gekom van wat jy vir jou ma kan gee.

Vir dié wat lief is om te bak en brou

  • Koop vir haar ʼn resepteboek of twee
  • Mooi eetgerei is deesdae nie meer so onbekostigbaar duur nie
  • Moet haar nie op die geykte manier laat swoeg nie – koop vir haar elektriese toebehore
  • Plekmatjies en mooi tafeldoeke is altyd welkom
  • Laat elkeen van die gesin iets bak en kook vir ʼn gesinsete

Vir die aktiewe ma

  • Koop vir haar ʼn geskenkbewys by ʼn sportwinkel
  • Koop vir haar ʼn slim-horlosie
  • Bespreek vir haar ʼn dag by ʼn spa sodat sy minder aktief kan wees en ontspan
  • Koop ʼn oulike waterbottel of twee
  • Elektriese toebehore soos ʼn Nutribullet om lekker skommels mee te maak

Vir die werkende ma

  • Koop vir haar ʼn geskenkbewys by ʼn spa of ʼn klerewinkel
  • Maak vir haar ʼn koppie tee
  • Koop vir haar ʼn voetmasseerder
  • Koop vir haar ʼn paar nuwe skoene
  • ʼn Pragtige horlosie
  • Koop vir haar fliekkaartjies

Vir die ma’s wat lief is vir reis

  • Koop vir haar ʼn nuwe sonbril
  • ʼn Lekker CD vir langs die pad
  • ʼn Goeie boek
  • ʼn Koffiefles

Vir die tuisbly-ma

  • Koop vir haar ʼn kursus in pottebakkery
  • Bespreek vir haar vir ʼn geleentheid weg van die huis
  • Reël vir haar ʼn kuier saam met ʼn ou vriendin

Kyk na Suzelle DIY se oulike video wat wys hoe om jou eie geskenkpapier te maak. Sluit by haar YouTube-kanaal aan. Besoek haarFacebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

My kind het hierdie gedig vir my mooi neergeskryf en gegee en dit was die beste geskenk ooit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.