Gids help jou in uur van nood

Foto: www.pixabay.com

Foto: www.pixabay.com

Helpende Hand het Donderdag ʼn gratis gids bekendgestel wat mense bystaan met ʼn reeks stappe om te volg na die afsterwe van ʼn geliefde.

Rene du Preez, projekorganiseerder by Helpende Hand, sê dié gids herinner mense aan die noodsaaklikhede wat dikwels vergeet word. “Niemand hou daarvan om te dink aan die afsterwe van ʼn geliefde nie, maar wanneer dit gebeur en jy nie weet wat om te doen nie, is die nood soveel groter. Daarom het Solidariteit Helpende Hand besluit om ʼn spesiale gids saam te stel, waarin hierdie noodsaaklike inligting uiteengesit word,” het sy gesê.

Du Preez sê die gids sluit die verskeie dinge in wat noodsaaklik is om te onthou en te hanteer in die geval van dood. “Die noodgids bevat ʼn lys take wat jou deur hierdie moeilike tyd kan help. Dit is ʼn goeie idee is om die gids te druk en saam met al jou belangrike dokumente op ʼn veilige plek te bêre. Laat ook afskrifte by familie en vriende.”

Die gids verduidelik in detail wat om te doen, soos wie om te bel, watter dokumente nodig is en ook wat om te doen as daar nie fondse vir die begrafnis of ʼn testament is nie. Die gids bevat ook ʼn volledige lys noodnommers wat jy byderhand kan hou.

Du Preez het gesê Helpende Hand kry gereeld navrae van getraumatiseerde familielede wat nie weet waar om te begin nie. “Die gids maak dit maklik om hierdie uiters moeilike situasie te hanteer,” verduidelik sy. “Dit is nie ʼn maklike onderwerp nie, maar tog onvermydelik.”

Die Noodgids kan gratis afgelaai word op die webwerf.

Vir meer inligting oor die gids, of om voorstelle te maak vir ander gidse, kontak gerus vir Rene du Preez by 012 644 4390 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.