10 dae, R100 000 se geskenke: Wen een jaar se gratis internettoegang

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

RSAWEB bederf een Maroela-leser met een jaar se gratis internettoegang op beskikbare vesel- en LTE-netwerke ter waarde van R12 000!

Een gelukkige Maroela-leser sal internettoegang vir 12 maande ontvang ten waarde van R12 000. Dit is een verbindingsdiens (vesel of vaste LTE) by ʼn residensiële woonadres (internetverbinding vir ʼn onderneming is nie by die prys ingesluit nie).

Die wenner sal ʼn keuse kan maak uit beskikbare pakkette op die veselnetwerk wat vir hul woonadres beskikbaar is.

Die prys sluit in:

Een wenner ontvang internettoegang vir 12 maande ter waarde van R12 000.

  1. Dit is een verbindingsdiens (vesel of vaste LTE) by ʼn residensiële woonadres (internetverbinding vir ʼn sakeonderneming is nie ingesluit nie).
  2. Die wenner sal ʼn keuse kan maak uit beskikbare pakkette op die veselnetwerk wat vir hul woonadres beskikbaar is.
    1. Die prys sluit opstelfooie in (wat deur die veselnetwerk-eienaar of FNO bepaal word), die basiese gratis-om-te-gebruik roeteerder (“router”) vir die pakket wat die wenner gekies het, een LTE-SIM en 1 GB data per maand
  3. Indien vesel nie beskikbaar is nie, sal vaste LTE-dienste gekies moet word
    1. Die prys sluit opstelfooie in, RICA met aflewering en die roeteerder (“router”).
  4. Die wenner aanvaar alle bepalings en voorwaardes en regverdigegebruiksbeleide (“fair usage policies”) wat betrekking het op die produk wat die wenner gekies het.
  5. Die internetdiens is vir 12 maande se gratis gebruik (“zero rated”) ná die diens geaktiveer is. Die wenner sal daarna self die maandelikse diensfooi vir die internetdiens moet betaal indien die persoon besluit om steeds van die diens gebruik te maak.
  6. Indien die wenner wil opgradeer na ʼn beter pakket in die eerste 12 maande-periode, sal RSAWEB slegs die gratis diens dek tot ʼn maksimum waarde van R12 000.

RSAWEB verskaf internettoegang vir jou huis en onderneming

Wanneer jy by die huis of werk internettoegang wil hê, maak RSAWEB dit maklik om die regte internetdiensverskaffer (ISP) te kies. Dié ISP is al meer as 20 jaar bedrywig en word baie hoog in die land geag.

ISP met die beste gradering op Google

RSAWEB het ʼn uitstekende 4.6/5 Google-stergradering – die hoogste in die bedryf. Om só hoë gradering te kry, het RSAWEB dit reggekry om ʼn 92%-positiwiteitsgradering onder hul kliënte te verdien. Dit is ʼn uitstekende getuienis vir die feit dat hulle nooit hul diens tweede stel nie. Mens kan die terugvoer op hul Google MyBusiness-bladsy lees waar jy kommentaar sal sien soos:

  • Dit is ʼn wonderlike ervaring om met RSAWEB handel te dryf. Ek is baie bly ek het my ISP na RSAWEB verander. Wonderlike mense. – Gus B.
  • Dit is ʼn groot verskil van my vorige diensverskaffer. Absoluut briljante een-tot-een diens van dag een af. – Toni D.
  • Ons is uiters tevrede met die uitstekende diens wat ons van die personeel ontvang het. Welgedaan. – Liasan D.

As jy ook die beste kliëntediens wil geniet en voordeel wil trek uit een van RSAWEB se wonderlike nuwe vesel-winskopies, besoek www.rsaweb.co.za of kontak hulle by 087 470 0000.

Die sluitingsdatum van hierdie kompetisie is 2 Augustus 2021 om 23:45.

Onthou, hierdie is maar net een van die geskenke wat Maroela weggee tydens ons 10 dae, R100 000 se geskenke-veldtog om ons 10de verjaarsdag mee te vier. Maak seker dat jy van 20 Julie tot op die dag van ons verjaarsdag, 29 Julie 2021, elke dag net hier op maroelamedia.co.za inskakel – ons gaan elke dag wonderlike geskenke weggee!

Wen een jaar se internettoegang deur RSAWEB ter waarde van R12 000

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.