10 dae, R100 000 se geskenke: Wen ʼn Bernette-naaldwerkmasjien

Bernette Chicago 5-naaldwerkmasjien (Foto verskaf)

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

Bernina bederf een Maroela-leser met ʼn Bernette Chicago 5-naaldwerkmasjien ter waarde van R11 999!

Die Bernette Chicago 5 bied ʼn wye reeks van opsies om te verseker dat jy uiting kan gee aan jou kreatiewe idees. Die 150 dekoratiewe steke, 20 kwiltsteke, twee alfabette en ʼn steekwydte van 7 mm,sal jou kreatiewe hartklop versnel! Eenstap-knoopsgat en die LED-stiklampie verseker dat alle naaldwerkprojekte vinnig en maklik afgehandel kan word.

Lees meer op hul webwerf by www.mybernette.com

Die sluitingsdatum van hierdie kompetisie is 1 Augustus 2021 om 23:45.

Onthou, hierdie is maar net een van die geskenke wat Maroela weggee tydens ons 10 dae, R100 000 se geskenke-veldtog om ons 10de verjaarsdag mee te vier. Maak seker dat jy van 20 Julie tot op die dag van ons verjaarsdag, 29 Julie 2021, elke dag net hier op maroelamedia.co.za inskakel – ons gaan elke dag wonderlike geskenke weggee!

Wen ʼn Bernette Chicago 5-naaldwerkmasjien

Die kompetisie het gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.