10 dae, R100 000 se geskenke: Wen ʼn Dream Resorts-vakansie

Blue Marlin Hotel van Dreams Hotels & Resorts

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

Dream Hotels & Resorts bederf een Maroela-leser met ʼn vakansie vir twee ter waarde van R12 000!

Dié prys sluit gratis vakansie-akkommodasie in geborg deur Dream Hotels & Resorts by die volgende van hul oorde:

  • Blue Marlin Hotel – KwaZulu-Natal
    2-nag verblyf op ʼn bed-en-ontbyt basis vir 2 mense
  • Little Switzerland Resort – KwaZulu-Natal
    1-nag verblyf op ʼn bed-en-ontbyt basis vir 2 mense
  • Tala Collection Game Reserve – KwaZulu-Natal
    1-nag verblyf op ʼn bed-en-ontbyt basis vir 2 mense

Afhangend van waar af jy reis, kan jy self besluit in watter volgorde jy jou vakansie wil beplan (afhangend van beskikbaarheid van akkommodasie by die oorde). As jy byvoorbeeld van Gauteng af reis, begin jy jou vakansie dus by die Little Switzerland Resort in Bergville, aan die voet van die noordelike Drakensberg, en dan ry jy af na die kus na die Blue Marlin Hotel in Scottburgh, sowat 40 minute suid van Durban. Op pad terug oornag jy weer by die Tala Collection Game Reserve in Camperdown, Pietermaritzburg. Dit is dus ʼn heerlike viernag-vakansie tussen die drie oorde.

Vervoerkoste is nie by die prys ingesluit nie.

Oor Dream Hotels & Resorts

Dream Hotels & Resorts is gestig met die droom om onvergeetlike herinneringe te skep deur die regte skilderdoek: ʼn diverse portefeulje van oorde en lodges insluitend eksklusiewe lidmaatskap en eienaarskapgeleenthede by Suid-Afrika se gewildste vakansiebestemmings.

Dream Hotels & Resorts se mantra oor sy 19 eiendomme – van die ikoniese Blue Marlin Hotel in Scottburgh, die Peninsula All-Suite Hotel in die Wes-Kaap en Le Franschhoek Hotel & Spa in die mooiste Kaapse wynlande tot die Finfoot Lake Reserve in die Groter Pilanesberg – is om ʼn ervaring te bied wat seker maak elke gas voel soos die enigste gas. Hierdie “een gas”-benadering fokus daarop om alle verwagtinge te oortref en gaste met ʼn droomvakansie te bederf.

Ons versameling bestemmings is dinamies en divers en dit is glad nie toevallig nie. Met meer as 28 jaar se ervaring in die gasvryheidsbedryf streef die maatskappy daarna om die spesiale kenmerke van elke ligging te ontdek en op dié versteekte juwele te fokus en dit spesifiek te ontwerp vir families wat graag Suid-Afrika van voor af wil ontdek.

Dit is nie meer ʼn luukse om vakansie te hou nie – dit is ʼn noodsaaklikheid! Dit is met dié filosofie dat Dream Hotels & Resorts van krag tot krag gaan en altyd daarna strewe om mense van oraloor te bedien met die vreugde van vakansie hou.

Die sluitingsdatum van hierdie kompetisie is 16 Augustus 2021 om 23:45.

Onthou, hierdie is maar net een van die geskenke wat Maroela weggee tydens ons 10 dae, R100 000 se geskenke-veldtog om ons 10de verjaarsdag mee te vier. Maak seker dat jy van 20 Julie tot op die dag van ons verjaarsdag, 29 Julie 2021, elke dag net hier op maroelamedia.co.za inskakel – ons gaan elke dag wonderlike geskenke weggee!

Wen ’n Dream Hotels and Resorts-vakansie ter waarde van R12 000

Die kompetisie het gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.