10 dae, R100 000 se geskenke: Wen ʼn geskenkbewys van De Afrikander Handelshuis

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

De Afrikander Handelshuis bederf een Maroela-leser met ‘n R2 500-geskenkbewys!

De Afrikander Handelshuis (D.A.H) is reeds in 2013 deur Charl en Liza-Mari Oberholzer begin. Dit het ʼn nederige begin gehad as ʼn stalletjie by landbouskoue en feeste wat trots Suid-Afrikaanse T-hemde verkoop. In 2017 het die sowat 160 m²-winkel by die Voortrekkermonument sy deure oopgemaak waar De Afrikander Handelshuis skielik nie net die plaaslike mark nie, maar ook buitelandse toeriste begin bedien het.

De Afrikander Handelshuis het al meer produkte self begin ontwikkel en ʼn aparte handelsmerk, Republk, is in 2019 van stapel gestuur. De Afrikander Handelshuis het ook begin om produkte grootmaat aan ander geskenk-, buitelewe- en toerismewinkels te lewer soos die Krugerwildtuin en Safari Outdoor landswyd. In dieselfde jaar het De Afrikander Handelshuis ʼn nuwe winkel by die Johannesburgse dieretuin, naamlik This is Africa, oopgemaak. In 2020 is die Republk-handelsmerk verder uitgebrei en die groep het sy eerste twee manshaarkappers se deure oopgemaak, naamlik Republk Barbier.

Die De Afrikander Handelshuis-groep se ondernemings het almal dieselfde doel – om Afrikaners ʼn gevoel van behoort te gee. Of jy by Republk gaan hare sny, geskenke koop by die Voortrekkermonumentwinkel of aanlyn Republk-T-hemde koop, kan jy weet dat jy ʼn deeltjie van jou kultuur koop.

Al De Afrikander Handelshuis se produkte vertel ʼn unieke storie, ʼn storie van jou erfenis, jou geskiedenis en jou taal. Kom kry vir jou ʼn kettie, kussingslope, Voortrekkermonument-T-hemp, geskiedenisboeke, De la Rey-beelde, Afrikana-musiek, leer- en velprodukte, moerkoffie en selfs tolletjiebrei by De Afrikander Handelshuis!

Besoek De Afrikander Handelshuis sommer nou!

Die sluitingsdatum van hierdie kompetisie is 9 Augustus 2021 om 23:45.

Onthou, hierdie is maar net een van die geskenke wat Maroela weggee tydens ons 10 dae, R100 000 se geskenke-veldtog om ons 10de verjaarsdag mee te vier. Maak seker dat jy van 20 Julie tot op die dag van ons verjaarsdag, 29 Julie 2021, elke dag net hier op maroelamedia.co.za inskakel – ons gaan elke dag wonderlike geskenke weggee!

Wen ʼn geskenkbewys van De Afrikander Handelshuis 

Die kompetisie het gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.