10 dae, R100 000 se geskenke: Wen ʼn Volpes-geskenkbewys van R10 000

Suraya (Foto: Volpes)

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

Volpes bederf een Maroela-leser met ‘n R10 000-geskenkbewys!

Kry jou slaapkamer gereed vir dié winter met Volpes, Suid-Afrika se linnetuiste.

Met die koue buite is ons huise ons tuiskomsplek en gelukkig het Volpes, The Home of Linen, alles wat jy nodig het om jou huis knus en warm te maak.

“As daar een ding is wat die pandemie ons geleer het, is dat ons slaapkamer een van die belangrikste vertrekke in ons huis is,” sê Elbé Truter, handelswarebestuurder van Volpes. “Dit moet vir jou gemak bied wanneer jy dit nodig het, en ʼn skuilplek wees waar jy van alles kan ontvlug – dit moet ook ʼn plek wees waar jy uitdrukking kan gee aan jou eie styl.”

Een van die beste dinge wat jy op jou bed kan byvoeg om dit meer knus te maak, is Volpes se pluisstofkatoen linne. Dit is 100% katoen wat geborsel of gekam is om byna so sag soos kasjmierstof te voel. Die tekstuur help om liggaamshitte binne te hou, so die lakens en beddegoed is lekker warm. Wanneer pluisstofkatoen gebruik word om ʼn duvetoortreksel te maak, kry jy ʼn knus duvet wat perfek is om die winterkoue buite te hou.

ʼn Luukse bed met talle knus lae hou jou warm en is boonop stylvol. Jy kan lae bedspreie oor jou bed gooi of ʼn tekstuur-kombers byvoeg vir bykomende styl en kontras. ‘n Kwilt-stel is gerieflik en ʼn pragtige byvoeging tot die slaapkamer en nog steeds modieus. Gooi een oor die onderkant van jou bed vir ʼn bietjie kleur in ʼn alles-wit-skema. ʼn Omkeerbare kwilt-stel met ooreenstemmende patrone gee jou selfs ekstra verskeidenheid.

Gordyne wat die lig uitblokkeer is ʼn ware belegging en help om kamers in die winter warm te hou deur ʼn koue trek af te weer. Volpes het ʼn rits effekleurige gordyne of gordyne met ʼn patroon-ontwerp wat maklik by die styl van jou kamer kan pas. Verskillende lae is ʼn gewilde neiging in dekor en kan baie suksesvol toegepas word met jou gordyne. Kombineer ʼn deursigtige laag met ʼn gordyn wat die lig uitblokkeer vir sagte lig, privaatheid bedags en algehele donkerte snags. Uitgevoerde Jacquardweefstof en gordyne met ʼn dikker materiaal is ook ʼn uitstekende opsie vir wintervensters. Swaarder materiaal hou die koue buite en is baie stylvol.

Beligting kan ook ʼn knus atmosfeer skep en lampe kan donker hoekies verhelder. Gegeurde kerse bied ook ʼn warm en aanloklike gloei. Kubu-mandjies en houtmeubels met bykomstighede soos sierkussings, spreie en matjies kan ook ʼn interessante tekstuur byvoeg.

Die beste nuus is dat jy al jou noodsaaklike winterbenodigdhede aanlyn kan koop en dit by jou voordeur kan laat aflewer. Besoek www.volpes.co.za.

Oor Volpes

Volpes, The Home of Linen, is ʼn trots Suid-Afrikaanse handelsmerk wat in 1929 in Port Elizabeth (nou Gqeberha) gevestig is. Volpes het as ʼn klein familiebesigheid begin wat daarop gefokus het om klante reg oor Suid-Afrika deur ʼn posbestelling te bedien met gehalte produkte teen bekostigbare pryse. Oor die jare heen het ons dit ons missie gemaak om te reis en gehalte materiaal te bekom sodat ons waarde-vir-geld produkte kan vervaardig waarby ons familie van klante byval kan vind. Ons is trots daarop dat ons die grootste reeks gehaltebedlinne en gordyne aan jou kan verskaf deur deurlopende vernuwing.

Vandag het ons ʼn lojale klantebasis reg oor Suid-Afrika en ʼn belowende aanlyn teenwoordigheid. Ons handelsmerk is sinoniem met waarde, gehalte, gemak en lojaliteit – en ons toegewyde en gemotiveerde span streef daarna om ons klante tevrede te stel. Volpes het ʼn lang pad gekom oor die jare heen. Oorspronklik bekend vir ons veelkleurige polikatoenreeks, het ons ʼn goeie reputasie gebou in die katoen-bedlinnebedryf. Ons jongste aanskaffing van Biggie Best – die bekende plaaslike huisdekor-handelsmerk – het ʼn nuwe geleentheid geskep waarmee ons ons klante van gehalte produkte kan bedien. Ons sien uit daarna om nog talle ander geleenthede te ontdek wat jou liefde vir jou huis sal vergroot.

Al Volpes se produkte is beskikbaar by ons 40 winkels landswyd en aanlyn. Ons weet dat baie van julle dol is oor die gerief van aanlyn inkopies. Nou kan jy ons hele reeks veilig aanskaf by www.volpes.co.za waar jy ook wonderlike winskopies en afslagpryse sal ontdek.

Vir diegene wat daarvan hou om aan die linne te voel en te raak is daar baie inspirasie in ons fisiese winkels – om nie eers te praat van die kundige advies wat jy sal kry om die regte keuse te maak nie. Jy kan ook in ons winkels jou inkopies aanlyn doen met die hulp van Volpes se personeel en jou inkopies laat aflewer.

Wat ook al jou keuse – jy sal topgehalte en goeie waarde kry by Volpes.

Die sluitingsdatum van hierdie kompetisie is 5 Augustus 2021 om 23:45.

Onthou, hierdie is maar net een van die geskenke wat Maroela weggee tydens ons 10 dae, R100 000 se geskenke-veldtog om ons 10de verjaarsdag mee te vier. Maak seker dat jy van 20 Julie tot op die dag van ons verjaarsdag, 29 Julie 2021, elke dag net hier op maroelamedia.co.za inskakel – ons gaan elke dag wonderlike geskenke weggee!

Wen ʼn Volpes-geskenkbewys ter waarde van R10 000

Die kompetisie het gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.