Dit is nog net die vierde maand van die jaar, maar ʼn mens se voete jeuk reeds om op ʼn vliegtuig te spring vir ʼn lekker vakansie.
Omdat daar reeds so baie dinge is om aan te dink wanneer jy ʼn oorsese vakansie beplan, het Maroela Media ʼn lys van lande saamgestel waarvoor Suid-Afrikaners nie ʼn visum nodig het nie. Een ding minder om jou oor te bekommer, en een ding minder wat nog meer druk op jou beursie plaas.
Daar is 61 lande waarheen Suid-Afrikaners sonder’n visum kan reis, maar hier is ons tien gunstelinge:
Bahamas
Argentinië
Fidji
Hongkong
Ierland
Mauritius
Filippyne
Thailand
Madagaskar
Turkye
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Is dit nie ń visum nie?
Suid-Afrikaners het wel ‘n ‘n Verenigde Koningkryk visa nodig om die Republiek van Ierland te besoek.
Daar behoort eintlik ook ‘n lys van lande te wees wat vir jou by jou aankoms ‘n visa gee.
Dis eintlik maar so net goed as wat jy nie ‘n visa benodig nie.
Daar is egter gewoonlik ‘n minimale fooi by betrokke.
Nepal en Palau is voorbeelde.
Ek was al in beide daai twee paradyse.
Nou wonder ek watter van hierdie lande sal mens maklik vlugteling status gee? Ek vra maarnet.
Ek was onder die indruk dit is Zimbabwe, Mosambiek, Tanzanië, Kuba, Botswana, Namibia, Rusland en dies meer…….