Dit is nog net die vierde maand van die jaar, maar ʼn mens se voete jeuk reeds om op ʼn vliegtuig te spring vir ʼn lekker vakansie.
Omdat daar reeds so baie dinge is om aan te dink wanneer jy ʼn oorsese vakansie beplan, het Maroela Media ʼn lys van lande saamgestel waarvoor Suid-Afrikaners nie ʼn visum nodig het nie. Een ding minder om jou oor te bekommer, en een ding minder wat nog meer druk op jou beursie plaas.
Daar is 61 lande waarheen Suid-Afrikaners sonder’n visum kan reis, maar hier is ons tien gunstelinge:
Bahamas
Argentinië
Fidji
Hongkong
Ierland
Mauritius
Filippyne
Thailand
Madagaskar
Turkye
Is dit nie ń visum nie?
Dagsê Rina
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Anja
nms Maroela Media
Suid-Afrikaners het wel ‘n ‘n Verenigde Koningkryk visa nodig om die Republiek van Ierland te besoek.
Jammer vir die fout, maar Suid-Afrikaners het ‘n Verenigde Koninkryk visa nodig om Noord-Ierland te besoek.
Ek probeer weer: Suid-Afrikaners het wel ‘n Verenigde Koninkryk Visa nodig om Noord-Ierland te besoek.
Hopelik gaan my apologie met die tweede probeerslag deur!
Dankie.
@Penellope, maar nie vir Noord Ierland nie.
Dagsê Penellope en J
Maroela Media wil net bevestig dat Suid-Afrikaners wel ‘n visum benodig vir besoeke aan Noord-Ierland wat tans nog deel van die Verenigde Koninkryk is. Suid-Afrikaners hoef egter nie aansoek te doen vir ‘n visum vir die suide van Ierland (Republiek van Ireland met die hoofstad Dublin) nie.
Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media
Maak wel seker van jou roete tot in Dublin. My suster het paar jaar terug via Parys gevlieg en moes heeldag die Franse polisie op die lughawe vermaak, tot haar volgende vlug Dublin toe. Die arme vrou was ook net een frase sterk op haar Frans (je t’aime) en is eindelik later moedeloos in afrikaans met haar – “kan ek ASB nou net my (kragwoord) tasse kry??” – laat gaan.
Die punt is, maak seker oor transit visas ens!
Daar behoort eintlik ook ‘n lys van lande te wees wat vir jou by jou aankoms ‘n visa gee.
Dis eintlik maar so net goed as wat jy nie ‘n visa benodig nie.
Daar is egter gewoonlik ‘n minimale fooi by betrokke.
Nepal en Palau is voorbeelde.
Ek was al in beide daai twee paradyse.
Nou wonder ek watter van hierdie lande sal mens maklik vlugteling status gee? Ek vra maarnet.
Vra ek ook. Vooruitbeplanning
Ek was onder die indruk dit is Zimbabwe, Mosambiek, Tanzanië, Kuba, Botswana, Namibia, Rusland en dies meer…….
Wat van Mexico? Ek en my gesin was nou in Maart daar en ons het nie visas nodig gehad nie.
Ek was in Februarie daar en het ook nie ‘n visa nodig gehad nie, maar dis omdat ek ‘n 10 jaar VSA visa het.
Dalk geld iets soortgelyks vir julle met ander visas in julle paspoorte.
Gewoonlik probeer mense onwettig uit Mexico kom, nie onwettig inkom nie.
Die kragtigste paspoort tans in die wêreld is van die United Arab Emirates. Suid-Afrika vaar darem ‘n klein bietjie beter as sommige van die ander onderontwikkelde lande wat ook laag op die lys is.
Sou iemand na Thailand toer, waar word oral aangedoen, oppad daarheen? Word ‘n visum benodig vir daardie plekke?
Jy kan Qatar om, of Dubai om of Singapore om…solank jou aansluitomgs vlug gewoonlik onder 18 na 24uur is, sit jy vir daai tyd in lughawe en wag vir jou vlug.
Dan benodig jy nie n transit visa nie.
Ek het verlede jaar Junie na Turkye gereis en moes wel ‘n e-visum aanlyn bekom. Dit was gratis en ‘n mens kry dit dadelik, maar ek glo nie jy kan die land daarsonder binnegaan nie, behalwe as die wetgewing intussen verander het.
Turkye is beslis ‘n besoek werd!
Was in Istanbul en Antalya Desember, maar moes ook ‘n E-Visa bekom.
Stem saam met JVM dat Turkye die moeite werd is. In die somer moet Antalya ‘n paradys wees.
Ek en my vriendinne was Februarie in die Filippyne. Ek sal dit beslis aanbeveel vir enige iemand. Spot goedkoop eiland vakansie.