100-jarige ouma van Oos-Kaap vlieg eerste keer

Emily Sakulwa (Foto: Verskaf)

Dit was haar droom om te vlieg en op die rype ouderdom van 100 is dié droom verwesenlik.

Emily Sakulwa van die Oos-Kaapse dorpie Dimbaza het Donderdag vir die eerste keer gevlieg. Sy het vanaf Port Elizabeth na Kaapstad gevlieg om vir haar kinders te gaan kuier.

Volgens Luane Laverny, die kommunikasiebestuurder vir Kulula.com, het Kulula oor die radio van Sakulwa te hore gekom. Laverny vertel dat daar ’n gesprek oor die eeufeesvieringe van die ontslape oudpres. Nelson Mandela se geboorte op 702 was. Zethu Msindo, een van Sakulwa se kleinkinders, het ingebel en die radiostasie van haar 100-jarige ouma se hartsbegeerte vertel.

Volgens Laverny het dié lugredery net daar en dan besluit om die lewe van beide Mandela en Sakulwa te vier en kon hulle in samewerking met Europecar uiteindelik Sakulwa se droom bewaarheid.

“Ons het dadelik toe ons van Emily hoor geweet dat ons wou help. As Suid-Afrika se voorste laekoste-lugredery wil ons vliegkaartjies bekostigbaar en toeganklik vir almal maak.” Laverny vertel dat Kulula dit ook vir hul passassiers pret wil maak om plaaslik te vlieg.

Msindo vertel dat sy baie opgewonde was vir haar ouma en dat daar ’n groot verwelkoming op die lughawe gereël is. “Dit het my so gelukkig en emosioneel gemaak.”

Sakulwa is oorweldig deur dié ervaring. “Vandag voel ek soos ’n ware bekende persoon. Dankie, Kulula, vir die vlug. Ek sien uit daarna om my kinders te sien,” het ’n stralende Sakulwa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

te lekker ·

Dankie Kulula, vlieg bly maar lekker! veral die spoed net voor opstyg. Bly dat die dame so bederf is.

AmY ·

Ek is 49, my ma 71 en ons het ook nog nooit gevlieg nie

Gaan iemand ons ook ‘borg’?

? ?

SNEL ·

Nee wat Amy, vlieg is nie so lekker nie. As jy nie eersteklas vlieg nie, sit jou bene op n knop, jy voete swel en as jy nie by die gangetjie sit nie, moet jy die hele tyd oor mense klouter met jou agterstewe in hul gesigte om uit te kom. Gaan jy toitel toe…. daai tonele in die flieks waar 2 mekaar gryp en omsingel in n toilet is n leuen. Jy kan kwalik jouself draai daar, daar is nie n manier wat jy die pot kan mis sit nie, nie plek vir dit nie. Jy moet behoorlik staan en jou broek aftrek, kan nie eers buk of jou knieë buig nie. Al wat lekker is is die flieks wat jy kan kyk en ek het nie nodig om te kook nie. Een keer met 2 vrouens gesit met 5 kleintjies op n lang trip, ek was amper dood. Daai geskreeu vir ure in jou ore en jy kan nêrens heen vlug nie…. As een jou wil treat, hoop ek julle vlieg eersteklas, een keer net so op die uitklim op die vliegtuig gou my daar neer gefly op een van daai heerlike breë sagte groot sitplekke… , moet n droom wees om so te vlieg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.