101-jarige kry sy hoërskooldiploma

John Motes ontvang sy hoërskooldiploma. Foto: Facebook

ʼn Man van Alabama in die VSA het op 101-jarige ouderdom, meer as 80 jaar nadat hy op skool was, uiteindelik sy hoërskooldiploma ontvang.

John Motes het verlede week saam met Goshen High School se senior klas van 2017 sy skoolloopbaan voltooi. Die nuusagentskap WSFA berig Motes moes in 1933 sy hoërskooldiploma ontvang het, maar het twee jaar voor dié geleentheid die skool verlaat weens ʼn gesondheidsprobleem.

Toe hy 18 jaar oud geword het, het hy by die Lugmag aangesluit as ʼn ingenieur in die Tweede Wêreldoorlog. Hy het nooit sy skoolloopbaan voltooi nie.

Volgens WSFA het sy kinders einde verlede jaar aan die skoolbestuur geskryf en gevra of hy moontlik vanjaar deel van die skool se sertifikaatplegtigheid kan wees. Anthony May, die assistent-skoolhoof by Goshen High School, het gesê die senior klas was uit hul velle van blydskap om Motes deel van hul sertifikaatplegtigheid te maak.

Die gehoor was op hul voete toe Motes geroep word om sy hoërskooldiploma te ontvang. Hy het gesê sy volgende stap is om aansoek te doen vir toelating by die University of South Alabama waar hy musiek wil studeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Veritas ·

Nou wil dié bogsnuiter nog gaan verder studeer. Sterkte met die studies oudste.

Kobus V ·

Great….dit wys jou n mens is nooit te oud om te leer nie….by wyse van spreke!

BAREND ·

niks nuut hier in suid afrika is daar wat 16 jaar oud is nog in graad 3

Veritas ·

Raak gevat daar Barend. Hou net in gedagte dat dit van Riebeeck se skuld is.

Ouma ·

Mens is nooit te oud om jou drome na te jaag nie. As ek so vir hom kyk, kan hy nog ‘n job of twee losslaan met sy nuwe kwalifikasie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.