2 miljoen hektaar se bome om reënwoud te red

Foto: www.andina.com.pe

Foto: www.andina.com.pe

Twee miljoen hektaar se bome gaan in die Amasone geplant word om skade aan dié reënwoud te probeer herstel.

Volgens Peru se president, Pedro Pablo Kuczynski, moet brûe gebou word. “Ons moet almal saamwerk. Sakemanne en werkers, leiers en landsburgers moet hande vat,” het hy gesê tydens die opening van die Pachitea-brug wat Puerto Sungaro en Puerto Inca in Huanuco met mekaar verbind.

Die president se administrasie sal ook die aanplanting van plaaslike gewasse, soos koffie en kakao bevorder, asook die teling van plaaslike beeste. Die regering is ook gekant teen ontbossing. “Ons het woude nodig om asem te haal en om te verhoed dat die gletsers smelt. Ons moet reën bring en die woude kan dit doen. Ons gaan twee miljoen hektaar se bome in die hoogland plant en twee miljoen hektaar van die Amasone herstel.”

President Kuczynski het ook gesê hy sal reageer op die burgemeester van Puerto Inca, Daisy Heidinger Zevallos, se versoek vir ʼn rioolstelsel en lopende water vir persone wat nie oor dié hulpbronne beskik nie, hoewel hulle naby ʼn rivier woon.

Besoek Andina se webwerf vir die volledige storie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leendert ·

Indië het op 11 Julie vanjaag 49,3 miljoen bome geplant vir ‘n nuwe werêldrekord. Ongelooflik wat hierdie mense van Peru nou gaan doen vir die bewaring en herstel van die natuur, in die belang van die ganse wêreld.

Kom Suid Afrika, wat kan ons doen om dit te ewenaar? Ons klein deeltjie bydra? Renosters, olifante, leeus, wat ons laat stroop, ons riviere wat besoedel is, vleie wat vernietig is. Mere. Wat kan ons nog doen vir die bawaring van ons plant en diere spesies? Ons skaars waterbronne? Marinelewe? Bewusmaking dat ons ons erfenis nie onder ons voete moet vertrap nie, maar dit vir die nageslag en die wêreld bewaar, in ‘n beter toestand as wat ons dit gekry het, nalaat, of is dit te vel gevra?

E.K. ·

Leendert – 20 duime op vir jou kommentaar! ‘n Man so na my hart en ek stem100% saam met jou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.