4 600 Kinderbybels vir graadeens

SKENK-N-BOEK-32.jpg

Die ambassadeurs van die projek, Jak de Priester, MD Greyling en Sorina Erasmus (foto verskaf)

[promosie-artikel]

Finesse en Carpe Diem Media ondersteun Solidariteit Helpende Hand se Skooltassieprojek om ʼn verskil in behoeftige graadeens se lewe te maak! Dié veldtog word saam met mediavennote Pretoria FM en Maroela Media en ambassadeurs Jak de Priester, Sorina Erasmus en MD Greyling op Maandag 24 Oktober van stapel gestuur.

Geen kind behoort ʼn agterstand te hê omdat hy of sy nie skoolbenodigdhede kan bekostig nie. Die Skooltassieprojek, een van Helpende Hand se vlagskipprojekte, is in 2008 van stapel gestuur. Dié organisasie sit jaarliks ʼn tassie propvol skryfbenodigdhede in graadeentjies se hande en sedertdien kon 27 000 graadeens al ʼn skooltassie ontvang.

Finesse-tydskrif ondersteun hierdie wonderlike inisiatief deur ʼn geestelike element by te voeg: Vanjaar word beoog om die 4 600 skooltassies elk van ʼn Kinderbybel te voorsien. Die Kinderbybel, naamlik Eerste Bybel vir Klein Maatjies, is deur Johan en Nina Smit geskryf en bevat die bekendste Bybelstories in grootdruk.

“Dis ʼn voorreg om deel te wees van ʼn projek wat kinders se lewe wil verryk. Die beste manier om in iemand se lewe te belê, is om vir hom of haar die Boek van die Lewe te gee!” sê Erasmus, wat die veldtog geesdriftig ondersteun.

Hoe kan jy ʼn bydrae maak?

Vir elke R100 wat geskenk word, kan Finesse een Eerste Bybel vir Klein Maatjies (ter waarde van R180) in een van Helpende Hand se skooltassies plaas.

Skenkings kan tot 30 November op skenknboek.co.za gedoen word. Rig gerus navrae aan Jana: [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.